Potch-man red vier van verdrinking in Hermanus

Windsor-hotel in Hermanus Foto: http://www.windsorhotel.co.za/

Windsor-hotel in Hermanus Foto: http://www.windsorhotel.co.za/

Lionel Cunningham (42) en drie kinders is Sondag by Hermanus gered nadat hulle van ʼn rots af geslaan is en in die see beland het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“Cunningham en sy dogter (15), seun (11) en ʼn broerskind (12) het voor die Windsor-hotel op die rotse naby aan die water gestaan toe ʼn groot golf hulle omstreeks 13:15 afgeslaan het,” het Craig Lambinon, woordvoerder van NSRI, gesê.

Cunningham kon aan ʼn rots vasklou en het sy seun gegryp, maar sy dogter en broerskind is in die see meegesleur.

Omstanders het die pa en seun gehelp om van die rotse af te kom. Die pa het daarna in die see gespring om sy dogter en broerskind te help, maar het in ʼn systroom beland.

Lambinon sê ʼn omstander, Favvaz Nel van Potchefstroom, het ook in die see gespring om te help. “Dit wil voorkom of hy al drie persone gered het,” het hy gesê. Nel het ook beserings in die proses opgedoen en hy erken dat uitputting sy vermoë om te onthou hoe hy al drie gered het, belemmer.

Al vyf is deur paramedici behandel vir snye, skaafplekke, kneusplekke, moegheid en skok.

Die dogter is in die hospitaal opgeneem vir sekondêre verdrinkingsimptome en sal na verwagting ten volle herstel.

Cunningham en sy twee kinders is van Bothasig in Kaapstad en die broerskind is van Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Dis wonderlik ! Soveel dankie’s aan die lewensredder !

Hoop ieder en elk herstel ten volle, wat ‘n aaklige ondervinding.

Die foto hierby geplaas is pragtig – prentjie mooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.