Potch-ongeluk eis een lewe

Een persoon is dood en nege beseer na drie voertuie laat Sondagaand in Potchefstroom gebots het.

Volgens Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het die botsing op die R501-pad plaasgevind. “Een van die bestuurders was in sy voertuig vasgekeer en is op die toneel dood verklaar. Brandweerbeamptes moes sy liggaam uit die wrak sny. Die ander nege pasiënte is vir verskeie beserings behandel en na die Potchefstroom-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Banks gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en die betrokke owerhede ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.