Potch-ouma oorlede voor kleinkind ‘Holland’s Got Talent’ wen

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

‘n Video van Amira se finale ronde volg onderaan die berig. Elsa Brand, ʼn ouma van Potchefstroom, is oorlede voordat sy kon sien hoe haar kleinkind, Amira Willighagen, Saterdagaand die talentprogram, Holland’s Got Talent, wen.

Die negejarige Amira het Saterdagaand die kompetisie gewen met haar weergawe van Puccini se Nessun Dorma.

Sy was die gunsteling en het die Ave Maria tydens die semi-finaal gesing. Tydens die finale ronde het sy meer as 50% van die televisiekykers se stemme verwerf om sewe ander deelnemers uit te stof. ‘n Video van haar eerste opname is reeds meer as 13 miljoen keer op YouTube gekyk.

Amira het ʼn trofee en ʼn reis na Las Vegas in Amerika, waar sy gaan optree, ontvang. Die dansgroep Reality het die tweede plek gehaal en die 80-jarige Oupa Piet die derde plek.

Die 69-jarige ouma Elsa is egter op 25 November skielik oorlede, het die Potchefstroom Herald berig. Amira en haar ouers, Frieda en Gerrit, en boetie Fincent, het uit Nederland na Suid-Afrika gekom vir die begrafnis wat in Potchefstroom gehou is.

Klik hier om ‘n televisie-onderhoud met ouma Elsa te sien wat eNuus vroeër opgeneem het. ‘n Video van Amira se eerste ronde is ook in dié berig te sien.

‘n Video waar Amira as wenner aangewys word volg heel onderaan. Haar reaksie is kostelik!


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Dis so hartseer en tragies !

Hierdie kind het ‘n goue stem !

AmY ·

Baie geluk Amira!!! Maar ja, dis hartseer dat jou ouma nie in die vreugde kan deel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.