Potch se Pierneef-skildery steeds soek

Die Pierneef-skildery wat uit die museum in Potchefstroom gesteel is. Foto: OFM

‘n Pierneef-skildery wat net ná die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees uit die Totius-museum in Potchefstroom gesteel is, word steeds vermis.

William Maphose, woordvoerder vir die Tlokwe Stadsraad, sê die polisie is steeds besig met die ondersoek, berig OFM. Die skildery, ‘n Bosveld-landskap, dateer uit 1933 en is sowat R3 miljoen werd.
Vyf kunswerke ter waarde van R17.3 miljoen is Sondag uit die Pretoriase kunsmuseum deur drie gewapende mans gesteel. Vier van die skilderye is Dinsdag in Port Elizabeth naby die herinneringsmuur van die NG-kerk Sunridgepark opgespoor. Die vyfde skildery deur Gerard Sekoto, ter waarde van sowat R7 miljoen, is steeds soek.

Indien enigiemand oor inligting beskik wat die museum kan help om die Pierneef-skildery op te spoor, word hulle gemaan om Vanessa van der Westhuizen by 018 299 5047 te skakel.

Lees ook:
Pierneef-skildery verdwyn ná Aardklop

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.