Potch-skoolmeisie vermis

Charmaine Roselyn Hendrikz

Charmaine Roselyn Hendriks, ʼn 16-jarige leerling aan Potchefstroom Hoër Meisieskool, word sedert Maandag vermis.

Volgens die organisasie People Search and Rescue Unit (PSARU) is Hendriks die laaste keer omstreeks 15:10 deur ʼn onderwyser by die skool gesien. Sy het lang swart hare, groen-bruin oë, weeg 50kg en is 1.5m lank. Sy dra ook ʼn tongring en het ʼn geboortemerk op haar regterkantse bobeen. Sy het haar vlootblou skooluniform aangehad toe sy die laaste keer gesien is.

Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind, kan Sarel Steyn by 082 571 290 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.