Potch-vrou en haar honde vermoor

Maria Maree (61) van Potchefstroom se erg ontbinde liggaam is Dinsdagoggend gevind nadat sy sedert 30 Oktober vermis was.

Kaptein Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, sê die polisie het Maree onder haar bed in haar huis gekry waar haar liggaam met ʼn swartsak bedek was. Sy het verskeie kopwonde gehad. Haar drie honde is ook dood onder swartsakke in haar huis aangetref. Maree se selfoon en voertuig is gesteel.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.