Pous Francis is Man van die Jaar

Pous Francis

‘n Voorstelling van Pous Francis op Time Magazine se voorblad

Time Magazine het pas Pous Francis aangewys as die Man van die Jaar.

“Tydens die nege maande het die pous die pousskap uit die paleis na die strate geneem,” het Nancy Gibbs, uitvoerende redakteur van die tydskrif, gesê. “Dit is selde dat ʼn nuwe persoon op die wêreld se speelvak soveel aandag so vinnig kan geniet.”

Edward Snowden, NSA-fluitjieblaser, was een van die persone wat ook oorweeg is.

Jorge Mario Bergoglio, die voormalige kardinaal aartsbiskop van Buenos Aires, is verlede Maart as pous aangewys. Hy het homself Francis gedoop na aanleiding van ʼn Italiaanse heilige uit die 12e eeu wat sy rug gedraai het op die aristokratiese leefstyl om die armes te help.

Dit is die derde keer wat ʼn pous dié erkenning deur Time Magazine ontvang. John Paul II is in 1994 aangewys en John XXIII is in 1962 aangewys as Man van die Jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gemsbok ·

Sug.

Nee, die amptelike taal van die Vatikaan en die Katolieke kerk is nie Engels nie.

Die Pous gebruk Latyn terwyl die Vatikaan Italiaans vir administratiewe doeleindes gebruik.

“John Paul II” se naam, sou jy hom gevra het, was dus “Ioannes Paulus II”, “John XXIII” was “Ioannes XXIII” en “Francis” is “Franciscus”.

Ons wat Afrikaans gebruik noem hulle egter Johannes Paulus II, Johannes XXII en Franciskus.

Om die Engelse name te gebruik, wat nie deur ons hier of deur die Pouse in die Vatikaan gebruik word nie, is eenvoudig lui of (nog erger) oningelig.

sarie ·

As ek reg onthou het Hitler baie lank gelede ook die eer te beurt geval. Miskien is ek verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.