Pous kondig aftrede aan

Pous Benedict. Foto: Reuters

Die pous het pas afgekondig dat hy aan die einde van die maand gaan bedank as die hoof van die Katolieke Kerk. Pous Benedict XVI se woordvoerder, Federico Lombardi, het aan AFP gesê sy laaste werksdag sal op 28 Februarie wees. Hy sal die eerste pous in eeue wees om af te tree. Volgens gerugte tree hy af as gevolg van sy “gevorderde” ouderdom.

Die 85-jarige pous het gesê sy gesondheid het die afgelope paar maande agteruit gegaan, en dat hy nie meer in staat is om sy take tot die beste van sy vermoë te verrig nie.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

louise ·

Nog ‘n teken dat die koms van die Here baie baie nader is as wat ons dink!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.