Meer as 200 000 mense het vandag op die St. Petrusplein in die Vatikaan bymekaar gekom om na Pous Benedictus XVI (85) se laaste algemene toespraak te luister voor hy Donderdag finaal sy amp neerlê.
Maroela Media het vroeër berig die Pous het aangekondig dat hy weens swak gesondheid aan die einde van die maand gaan aftree. Hy is die eerste pous sedert die Middeleeue wat abdikeer.
Hy het tydens sy laaste toespraak die katolieke gevra om vir die kardinale te bid wat die moeilike taak het om sy opvolger te kies. Die amp sal vakant bly tot die opvolger na verwagting teen die einde van Maart aangekondig word.