Pous poseer vir “selfie”

Pous Francis op die "selfie"

Pous Francis op die “selfie”

Pous Francis het weereens protokol verontagsaam toe hy saam met ‘n groep tieners op ‘n sogenaamde “selfie”-foto verskyn het.

Een van die tieners van die groep wat die Vatikaan besoek het, het die foto as sy profielfoto op Facebook gebruik en dié foto word nou regoor sosialemedia-kanale versprei.

Die Oxford English-woordeboek het vandeesweek die woord “selfie” ingesluit om ‘n foto, wat jy met ‘n slimfoon van jouself neem, te beskryf.

pous francis 2Die groep tieners is glo deel van ‘n kerkgroep in die noorde van Italië wat die pous Woensdag ontmoet het. “Daar is geen bemarking met dié tipe optrede nie,” het Beppe Severgnini, rubriekskrywer vir die Corriere della Sera-koerant, gesê. “Duidelik hou die pous daarvan om tyd saam met mense te spandeer en sy voorganger het eerder boeke verkies.”

Die 76-jarige pous het al ‘n paar keer Vatikaanse-tradisies verbreek sedert hy in Maart aangestel is. Hy antwoord glo gereeld die telefoon en skakel gereeld “gewone” mense nadat hulle briewe aan hom geskryf het.

Die foto lok ook reaksie op Twitter uit met een gebruiker wat skryf: “Nou het ek alles gesien!” ‘n Ander skryf: “Dit is die einde van die wêreld soos ons dit ken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Melissa ·

Goeiewerk, ek sien ook niks fout nie, hy is tog net ‘n mens!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.