Praag-webwerf kan dalk sluit

Screen Shot 2013-11-10 at 6.17.50 PMGoogle se besluit om nie meer advertenisies na die Afrikaanse aktiviste-webwerf, Praag, te kanaliseer nie, kan tot die webwerf se sluiting lei, het Rapport Sondag berig.

Dan Roodt, regse aktivis, het glo gesê die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag) het duisende rand verdien uit advertensies op die webwerf, en sal nie daarsonder kan klaarkom nie. Webwerfeienaars verdien ‘n klein bedrag geld vir elke klik op ‘n advertensie wat deur Google op hul webwerf geplaas word.

Roodt beweer Google het gesê Afrikaans is nie ‘n erkende advertensietaal nie en hy kan slegs advertensies na ‘n Engelse weergawe van Praag se webwerf kanaliseer, berig Rapport verder.

Roodt voer egter aan ‘n vrou wat Praag teenstaan is die rede vir die probleem. Volgens Rapport het hy beweer die vrou het ‘n “kwaadwillige en fanatiese” Facebook-groep genaamd “Speak out against the website Praag” gestig. Sy het in briewe wat sy op die sosiale netwerk gepubliseer het, Praag daarvan beskuldig dat die webwerf rassisties is en haatspraak bevorder. Sy het die brief met verskeie maatskappy gedeel en daarin beweer dat hulle die webwerf se boodskap help versprei indien hulle op die webwerf adverteer.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Trippie ·

Ek is ‘n TROTSE Praag-ondersteuner.

Hierdie skrywe is baie moontlik deur Carina Papenfus aangevuur, of dalk selfs deur haar geskryf. Sy skryf ook onder 3 profiele, verander kort-kort van profiel om ONS te side-step. Het enigiemand ooit moeite gedoen om haar en haar trawante se rassistiese aanmerkings te volg, en te rapporteur ?!?!?

MAG PRAAG VAN KRAG TOT KRAG GAAN !

Trippie ·

Liewe Daan – JA, ek het te gou die blad verlaat om te sien die woord is outomaties na “rapporteur” verander.

Sien die tydsverskil – 9 minute.

Mens, maar jy het omtrent jou mes in vir my.

Daan ·

Nee ek het nie my mes in vir jou nie. Jy vra dan half sarkasties en ek haal aan.”Het enigiemand ooit moeite gedoen om haar en haar trawante se rassistiese aanmerkings te volg, en te rapporteer ?!?!? Toe vra ek of jy het. Verwag jy iemand moet dit namens jou doen waar jy bevele skree uit ‘n rustende posisie? Wat verwag jy?

Eben ·

Daan hierdie is ‘n klassieke geval van iemand met lae of geen selfvertroue. Iemand moet iets aan die situasie doen maar self kan hulle nie. Die wanhoop kreet, het enigiemand ooit die moeite gedoen vertel alles.

Seg ·

Daan ou maat jou kommentaar spreek boekdele van jou karakter. En almal kan dit sien sonder om eers ‘n woord daaroor te sê. Sies man

Daan ·

Seg, eerstens ek is nie jou maat nie. Tweedens gaan praat jou strooi op ‘n ander plek. Jou karakter stink as ek jou skrywe so sien

Trippie ·

SEG : Daan se aanvalle op my lyk presies soos ‘n vorige persoon wat my ook op Maroela gevolg en smerige aanmerkings gemaak het.

Dus, van nou af sal ek GEENSINS met hom in gesprek tree nie.

Ek HET, en sal WEER EN WEER Carina Papenfus se FB PROFIELE rapporteer, die probleem lê egter daarin dat sy telkemale nuwe profiele skep.

Shane ·

Dit sal jou meer help om op Praag vir aanmoediging te gaan skree as hier op Maroela.

Daan ·

Ag siestog. Word wakker jy leef in ‘n droomwêreld met ‘n vervolgings waansin.

Vivienne ·

Ek het so ‘n vinnig gaan kyk na die kommentare daar. Wat ek daar gesien het is ontstellend hoe aanvallerig mede Suid Afrikaners is teenoor mekaar.

Demokraat ·

Ek was ook ‘n gereelde leser van Praag maar is dit my mening dat Dan Roodt geen bydrae kan maak tot die huidige politieke bedeling in Suid-Afrika nie buiten dat hy die Afrikaner in ‘n swak lig stel en dat hy geen werkbare oplossing aan die hand doen nie. Hy het baie planne maar het tot dusver nie ‘n vinger verroer om enigiets daarvan tot uitvoering te bring nie. Dan Roodt het hoogstens ‘n lastigheidswaarde met sy misleiding van mense met onuitvoerbare teorië en om ‘n spook agter elke deur te wil sien. Hy hou geensins rekening met die werklikhede in die land nie en verkondig dus oplossings wat goed op die oor val maar egter onuitvoerbaar is.

Vivienne ·

Ek stem saam Demokraat. Wat in ‘n mate bydra is die aanvalle tussen hulle wat kommentaar lewer. Baiekeer het dit niks met die berig te doen nie. Om daardie rede het baie seker Praag vaarwel toegeroep.

justi ·

Een ding wat ek haat, is wat sommige mense doen! Hulle steek mekaar se alies toe sover as wat hulle gaan. So wat daarvan as mense mekaar slegse? Dis hoe hulle voel en redeneer. Persoonlik voel ek, laat elkeen sy se, se. Ek voel dat mense nie altyd presies op Maroela se wat hulle in hul harte voel en dink nie. Of dalk nie kan se nie. Op praag kan hulle dit wel doen. Die wat nie van dit hou nie hoef dit mos nie te lees nie! Ai……die mensdom tog!

Frik Lotz ·

Praag doen niemand skade aan nie. Daar is baie interessante artikels en lesers kan ook kommentaar lewer daarop,hetsy hul saamstem daarmee of nie. Elke webwerf is tog uniek en elkeen het mos ook die reg op vryheid van spraak.So,gun elkeen die reg om sy sê te sê.Praag doen ook goeie dinge vir Afrikaans en om die webwerf te probeer laat sluit gaan net nadelig wees vir Afrikaans. Diegene wat sterk voel oor die voortbestaan van Praag moet die webwerf ondersteun en help waar hul kan. Die wat nie van Praag hou nie,kan mos daar wegbly en nie hul artikels lees nie of gee dan net jou kommentaar as jy nie saamstem nie.Dis tog so eenvoudig soos dit!

Trippie ·

100% waar Justi. As iemand nie daarvan hou nie, moenie dit lees nie. Ek se wat in my hart en verstand aangaan – beslis nie vir populariteitsdoeleindes nie.

Lekker aand.

Seg ·

Praag laat meer vryheid van spraak toe. Dit is ook die rede dat daar meer mense is wat daar kommentaar lewer as hier op Maroela. Maroela het meer nuus en dit word ook meer op datum gehou as op Praag. Op Praag is daar ook meer funksie op wat dit meer gebruikersvriendelik maak as Maroela. Indien Maroela dieselfde funksies bysit sal daar verseker ‘n toename op Maroela wees. Ons moet dit net almal onder die redakteur se aandag bring wat ons hier verwag.
Voel dat dit elkeen se reg is om te se wat hy/sy voel en dink. Ons elkeen van ons is uniek in sy eie denke wat nie noodwendig die goedkeuring van ander wegdra nie. Word ons nie genoeg deur die regering gemuilband om ons se te se of ons ding te doen nie?

Stoere Boer ·

Nadat Maroela Media al wat ‘n kommentaar omtrent geblok het was dit verfrissend om die kommentaar op Praag te lees. Dit was ook lekker om verskillende standpunte tussen getroue lesers te sien en self te besluit saam met wie stem jy. Sal jammer wees as hy sluit want op Maroela mag jy nie iets teen die regering noem nie dan blok hulle jou.

Seg ·

Wat jy hier seg is baie waar. Indien Maroela ons vryheid van spraak teruggee sal baie meer hier kommentaar lewer. Ek seg nie hulle moet trolle toelaat nie, maar dit is ook darem nie ‘n kinder forum nie. Maroela behandel sommige kommentaar asof ons kinders is.

sê jou sê! ·

Snaaks hoe party mense skielik weer terug kruip na Maroela toe. So ruk terug voor almal na Praag gehardloop het het hulle almal gese hulle gaan nie weer Maroela ondersteun nie. Nou is hulle almal weer terug en los kommentaar. Nou is almal weer stert tussen die bene weer terug. Maroela is tops en baie beter as Praag.

Seg ·

Is dit nie ‘n vry land hierdie nie? Is mense gebonde? jy praat nou soos de ANC.

Sê jou sê ·

Seg: Snaaks as iemand die waarheid praat moet julle altyd iets sleg se vir daardie persoon. Selfde vroeer met Daan, hy het die spyker op die kop geslaan. Toe is hy verkeerd. Is julle die enigste mense wat reg is? Gaan eerder terug na Praag toe waar julle hoort. Want dit was lekkerder sonder julle hier op Maroela. Julle het en kla nogsteeds oor Maroela, hoekom wil julle nog hier kom kommentaar lewer. Word groot man.

Trippie ·

Sê jou sê : Dit is presies wat ek doen, sê my sê.

Daan het geensins die spyker op die kop geslaan. Lees weer my kommentaar.

Wat Daan sê “half sarkasties” … ek hoef nie sarkasties te wees nie, dit grens aan bobbejaanisme – of as jy wil, “sarcasm is the lowest form of whit and humor” !

Laat elke deelnemer hier toe om vryheid van spraak te geniet – ‘n bakleiery is onnodig !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.