Praag-webwerf kan dalk sluit

Screen Shot 2013-11-10 at 6.17.50 PMGoogle se besluit om nie meer advertenisies na die Afrikaanse aktiviste-webwerf, Praag, te kanaliseer nie, kan tot die webwerf se sluiting lei, het Rapport Sondag berig.

Dan Roodt, regse aktivis, het glo gesê die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag) het duisende rand verdien uit advertensies op die webwerf, en sal nie daarsonder kan klaarkom nie. Webwerfeienaars verdien ‘n klein bedrag geld vir elke klik op ‘n advertensie wat deur Google op hul webwerf geplaas word.

Roodt beweer Google het gesê Afrikaans is nie ‘n erkende advertensietaal nie en hy kan slegs advertensies na ‘n Engelse weergawe van Praag se webwerf kanaliseer, berig Rapport verder.

Roodt voer egter aan ‘n vrou wat Praag teenstaan is die rede vir die probleem. Volgens Rapport het hy beweer die vrou het ‘n “kwaadwillige en fanatiese” Facebook-groep genaamd “Speak out against the website Praag” gestig. Sy het in briewe wat sy op die sosiale netwerk gepubliseer het, Praag daarvan beskuldig dat die webwerf rassisties is en haatspraak bevorder. Sy het die brief met verskeie maatskappy gedeel en daarin beweer dat hulle die webwerf se boodskap help versprei indien hulle op die webwerf adverteer.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

Ek is ‘n TROTSE Praag-ondersteuner.

Hierdie skrywe is baie moontlik deur Carina Papenfus aangevuur, of dalk selfs deur haar geskryf. Sy skryf ook onder 3 profiele, verander kort-kort van profiel om ONS te side-step. Het enigiemand ooit moeite gedoen om haar en haar trawante se rassistiese aanmerkings te volg, en te rapporteur ?!?!?

MAG PRAAG VAN KRAG TOT KRAG GAAN !

Vivienne

Ek het so ‘n vinnig gaan kyk na die kommentare daar. Wat ek daar gesien het is ontstellend hoe aanvallerig mede Suid Afrikaners is teenoor mekaar.

justi

Een ding wat ek haat, is wat sommige mense doen! Hulle steek mekaar se alies toe sover as wat hulle gaan. So wat daarvan as mense mekaar slegse? Dis hoe hulle voel en redeneer. Persoonlik voel ek, laat elkeen sy se, se. Ek voel dat mense nie altyd presies op Maroela se wat hulle in hul harte voel en dink nie. Of dalk nie kan se nie. Op praag kan hulle dit wel doen. Die wat nie van dit hou nie hoef dit mos nie te lees nie! Ai……die mensdom tog!

Frik Lotz

Praag doen niemand skade aan nie. Daar is baie interessante artikels en lesers kan ook kommentaar lewer daarop,hetsy hul saamstem daarmee of nie. Elke webwerf is tog uniek en elkeen het mos ook die reg op vryheid van spraak.So,gun elkeen die reg om sy sê te sê.Praag doen ook goeie dinge vir Afrikaans en om die webwerf te probeer laat sluit gaan net nadelig wees vir Afrikaans. Diegene wat sterk voel oor die voortbestaan van Praag moet die webwerf ondersteun en help waar hul kan. Die wat nie van Praag hou nie,kan mos daar wegbly en nie hul artikels lees… Lees meer »

Trippie

100% waar Justi. As iemand nie daarvan hou nie, moenie dit lees nie. Ek se wat in my hart en verstand aangaan – beslis nie vir populariteitsdoeleindes nie.

Lekker aand.