Bertus Coetzee (42) is Maandag voor sy 18-jarige seun by hul huis in Vanderbijlpark deur rowers doodgeskiet.
Beeld berig Coetzee het omstreeks 22:00 by die huis gekom. Sy seun, Flippie, het die motorhuis se deur oopgemaak sodat hy sy bakkie kon intrek.
Ao. Kinnie Steyn, ʼn woordvoerder van die Vanderbijlpark-polisie, sê twee gewapende mans het op Coetzee afgestorm en hom aangehou toe hy uit sy voertuig geklim het. Hulle het die sleutels van sy voertuig gevat, hom in die bors geskiet en van die toneel gevlug in ʼn Volkswagen Polo. Slegs Coetzee se sleutels en werksak is gevat. Coetzee is op die toneel dood verklaar. Flippie is nie beseer nie.
Belinda Muller, Coetzee se suster, sê hy was ʼn goeie man en ʼn prediker in die Ou Apostoliese Kerk.
Die Mullers vermoed Coetzee se moord kan verbind word met inligting oor kabeldiefstal in die gebied waarvan hy bewus was.
– Sapa
My simpatie met die gesin van Priester Coetzee en sy verantwoordelikheid.
Dis vreeslik en ek kry hierdie familie uit my hart jammer Geen niemand verdien dit nie!