Premier gebruik privaat motor om te eis

Die premier van Limpopo, Cassel Mathale. Foto: GCIS

Die premier van Limpopo, Cassel Mathale, maak glo gebruik van sy privaatmotor vir amptelike reise om sodoende duisende rande te eis vir reiskostes.

The Star berig dat Mathale van sy privaatmotor gebruik maak, hoewel belastingbetalers miljoen rande moes opdok vir duur motors vir amptelike reise. Die koerant is in besit van ʼn dokument wat wys dat Mathale in September R446 000 ontvang het, insluitend die R75 000 maandelikse salaris wat hy as premier ontvang het. Mathale het kort na sy aanstelling in April 2009 ʼn BMW 750i vir R1 miljoen gekoop. In Junie verlede jaar het hy ʼn BMW X5 vir R821 000 gekoop. Volgens die koerant verkies Mathale egter om nie sy ampsvoertuie te gebruik nie sodat hy daaruit voordeel kan trek om sy privaatmotor te gebruik. Mathale se woordvoerder, Mashadi Mathosa, sê volgens die ministeriële handboek mag Mathale sy privaatmotor gebruik en die koste daaraan verbonde terugeis.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.