Premier het beroerte gehad

Die premier van die Noord-Kaap, Hazel Jenkins. Foto: GCIS

Die premier van die Noord-Kaap, Hazel Jenkins, het ʼn beroerte gehad voor sy Vrydag tydens haar provinsiale rede inmekaargesak het.

“Die premier het ʼn beroerte gehad weens ʼn slagaarbreuk in haar brein. Sy is Vrydagaand geopereer,” het Jenkins se woordvoerder, Mafu Davids, gesê. “Sy is nou wakker en haar toestand is stabiel. Die dokters is tevrede met haar vordering.” Die premier het sowat 30 minute van haar toespraak voltooi toe sy inmekaargesak het. Paramedici het Jenkins op die toneel behandel voor sy na die Kimberley-hospitaal vervoer is. Die speaker van die Noord-Kaapse wetgewer, Jacobus van Wyk, sê hulle sal Dinsdag ʼn spesiale vergadering hou om te besluit op ʼn weg vorentoe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.