Premier: ‘Kastreer verkragters’

Thandi Modise

Mans wat skuldig bevind word aan die verkragting van vroue en kinders moet deur middel van chemiese kastrasie gestraf word, het die premier van Noordwes Thandi Modise gesê.

“Chemiese kastrasie van verkragters kan as ‘n afskrikmiddel dien en die plaag van verkragting verminder,” het Modise se kantoor in ʼn verklaring gesê. Modise, wat self as tiener verkrag is, het beloof om ʼn veldtog van stapel te stuur vir ter ondersteuning van chemiese kastrasie “gegewe die onaanvaarbare vlakke wat dié plaag regoor die land bereik het.” Modise het ook ʼn beroep gedoen op mans om hul misnoeë met geweld teen vroue en kinders te kenne te gee. Chemiese kastrasie behels die toediening van medikasie om seksdrang en seksuele aktiwiteit te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

cecilia ·

Nee my liewe Thandi Modise,jys heeltemal te billik teenoor verkragters,sny uit wat pla!
Die se kinders gaan ook moonlik verkrag.
Die medikasie gaan nie gebruik word nie.Die staat skep net weet n president om geld uit te gee waarby bedrog weet gepleeg kan word.
Maak 100%seker die outjies sal nie weet verkrag.

J Groenewald ·

Dis nou snert.
Sny die tools af en heg ‘n plastiek pypie.
As hy nie daarmee kan saamleef kan hy homself minstens hang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.