Premier reageer op Puk-groet

Koshuisgroet

‘n Skermskoot uit ‘n koshuisgroet-video.

Thandi Modise, premier van Noordwes, het Saterdag haar skok uitgespreek oor berigte dat studente by die provinsie se universiteit in Potchefstroom die Nazi-saluut gebruik het.

“Dit is ontstellend, aangesien dit ʼn aanduiding is dat ʼn segment van ons jong, witmense steeds kwesbaar is vir etniese en rassistiese indoktrinasie,” het Modise in ʼn verklaring gesê. “Ons het as Suid-Afrikaners al ʼn lang pad gestap, bykans 20 jaar, om die septer van rassisme en etnisiteit in al sy manifestasies neer te lê.”

Beeld het Vrydag berig dat sommige studente die “Sieg Heil”-saluut tydens ʼn ontvangs- en bekendstellingsprogram aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Puk-kampus in Potchefstroom gebruik het.

Volgens die koerant ondersoek die universiteit die saak.

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, sal ook na verwagting volgende week ʼn plan van aksie aankondig.

Modise het Saterdag gesê die provinsiale regering sal die gebeure by die Puk monitor. “Ons kan nie bekostig om aan enige sentiment blootgestel te word wat die voorskrifte van ons grondwet ondermyn nie,” het sy gesê. “Ons is bemoedig deur die flinke optrede deur die bestuur van die universiteit oor die voorval.”

‘n Hewige debat het intussen in die media en op sosiale media losgebreek oor die voorval.

Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het Vrydag gesê hy is bekommerd dat dié uitlatings die toekoms van Afrikaans op die Puk kan raak. “Die prys van ‘n redakteur se persoonlike agenda en vendetta kan die toekoms van die laaste Afrikaanse kampus wees,” het Buys gesê. “Sy [die redakteur se] veldtog lyk meer na ‘n misplaaste poging om die koerant se dalende sirkulasie te verbeter as om menseregte-vergrype te ontbloot.” Klik hier om meer te lees.

Adriaan Basson, redakteur van Beeld, het in reaksie op Buys se kommentaar op Twitter geskryf: “Flip Buys dink blykbaar mens kan Afrikaans ‘red’ met ‘n Nazi-saluut. Soveel denkfoute in sy reaksie.” Hy het later op Twitter aan Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, bevestig hy sal in sy Maandag-rubriek in Beeld puntsgewys op Buys se reaksie kommentaar lewer. Klik hier om meer te lees.

Huidige en voormalige studente van die Puk het intussen ook spontaan met “#puktradisies” op Twitter hul positiewe herinnerings en ervarings van die Puk met die wêreld begin deel. Ander het spottenderwys verwys na dié groet wat, volgens hulle, al vir baie jare op die Puk gebruik word sonder enige Nazi-verbintenis. Klik hier om meer te lees.
–SAPA

Lees ook:
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans?
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Frederick J Smith ·

Hierdie is werklik n skokkende voorval! Tot watter uiterstes toe sal ons Moedertaal veral,nog gekastei word…en dan nog uit onverwagte oorde soos Beeld wat ons taal handhaaf,moet uitbou en bevorder.Ek sak net my kop in skaamte en hoop hierdie “skade” kan herstel word…sonder n bittere duur prys,ons Moedertaal!!

Slim Daan ·

Joernaliste word dikwels na verwys as nuushonde. Breek dus nie jou hoof om te wonder ‘hoekom’ nie !
Net interessantheidshalwe : –
Is daar n studentewoordvoerder wat gesaghebbend kan verduidelik oor waarom daar spesifiek op hierdie saluut besluit is ? Skynbaar geld hierdie gebruik al lank. Opsigself is lsg nog geensins n verduideliking as sulks nie.

Eugenie ·

Geskiedenis herhaal homself, dus, waarom nie die saluut gebruik nie, dis PUK-tradisie reeds vir jare, genoegsame verduideliking.

VerVanRyn ·

Daan, die gebruik van die saluut is iets wat onder studente verskyn en het absoluut geen verbintenis met die PUK se bestuur nie. Die PUK het nie besluit om hierdie saluut te gebruik nie en het ook geen besluite gemaak oor watse saluut die “amptelike” saluut van die universiteit is nie. Hierdie is iets wat die studente uit hulself besluit het om te doen.

Babs ·

Hierdie lyk nie na Nazi saluut. Het Nazis nie die arm vorentoe gestrek tot ooghoogte met hand parallel.

Slim Daan ·

Eugene.
As antw moet ek dus volstaan met ” die geskiedenis herhaal homself ” ? ( om agter n bos broek los te maak en n blaar te gebruik is ook ” tradisie “. )
So nee. Dis geensins n antw nie. In hierdie ” tradisie ” moet tog sekerlik n oorsprong van gedagte le. Waarom spesifiek hierdie handgebaar en nie n ” ZAP – sign ” nie ? Of is sommer net sommer sonder om betekenis te koppel aan wat gedemonstreer word ? Want hey ! Stap 3x Joodjies verby en hul word op die wyse ” begroet ” – het hul geen rede om gebelg te voel nie want komend van jou is dit ” tradisie “………..Tsk tsk.
Die argument van Malema ( tit for tat ) is juis n punt ter illustrasie. As die sot met handgebare goed kwytraak ( die gebalde vuis is so tradisie-vas soos die ANC self ) – maar dit kwets jou as boerseun, soveel te meer moet die herinnering hieraan jou tot versigtigheid maan. Vind jy deur jou optrede jy n ander inwoner vd land hierdeur te na kom, kan jy die verskoning van ” tradisie ” as skuiwergat gebruik of opper nie. En as jy uit onkunde optree en nie die implikasies van jou gebaretaal ken nie is jy eweneens n robotiese idioot wat jou plek op universiteit vol staan.

Eugenie ·

Slim Daan blyk toe nie so slim te wees nie. Terwyl jy vir George aanspreek oor sy spelvermoe, neem my raad aan, kry ‘n bril, want ek is ‘n boervrou, het jy nie gelees, die naam is EugenIE.

Ek volstaan met, dis Puk-tradisie, punt. Om beledigend te raak, spreek boekdele oor jouself, selfs jou verwysing na ‘n “zap-sign”. Dis nie deel van my opvoeding nie.

Tokkie ·

Daar is niks met hierdie saluut verkeerd nie. Die Nazi saluut was reguit arm vorentoe!!!

Jasper ·

Die media en al wat kokkedoor is ruk nou heeltemal die dam onder die eende uit. Gee eerder aandag aan Julias en andere se aanhoudende haatspraak en blatante aanhitsing.
Beeld het met dieselfde AFRIKANER wat hul so lekker afkraak se geld tot stand gekom.
Staan saam en boikot die gemors. Daar is baie ander maniere om suiwer en nie misleidende nuus te bekom.

Eugenie ·

Presies, waarom word Malema se slagspreuke nie ook aangespreek nie. Die kort vet mannetjie kom letterlik weg met moord.

Louis Pretorius ·

Baie studente het nog net gehoor van die Nazies en weet iets van die 2de wêreldoorlog. Hulle is onkundig en die “saluut” maak nie van hulle Nazies nie. Die saluut is onskuldig en word uit verband geruk. Die redakteur en sy persoonlike sienings is belaglik en soek net sensasie. Dalk wil hy by die rassistiese ANC aansluit en kruip hy nou gat by hulle. Hy is n verleentheid vir ons afrikaners. So n man moet net geignoreer word dan sal sienings n vinnige food sterf

Louis Pretorius ·

Baie studente het nog net gehoor van die Nazies en weet iets van die 2de wêreldoorlog. Hulle is onkundig en die “saluut” maak nie van hulle Nazies nie. Die saluut is onskuldig en word uit verband geruk. Die redakteur en sy persoonlike sienings is belaglik en soek net sensasie. Dalk wil hy by die rassistiese ANC aansluit en kruip hy nou gat by hulle. Hy is n verleentheid vir ons afrikaners. So n man moet net geignoreer word dan sal sienings n vinnige dood sterf

ryno ·

ja, jy kon dit nie beter stel nie.

Dis onskuldige kinder pret. En siende dat niemand gewond of swanger is nie, kan ek nie juis sien dat hierdie gaan ly tot n volskaalse volksmoord en n 3rde wereld oorlog nie.

Monrick ·

Ek kan niks fout sien met die “Sieg Heil“saluut nie,dit bly mooi en die kinders is mos nie n klomp Nazis of Neo Nazis nie,die media maak dit we’ll uit of hulle is,was ek een van daai kinders sou ek sien Oelala die mense hou nie van die saluut nie ek sou heeldag so geloop het.Hulle krap nou weer waar dit nie gejeuk het nie.

Johan ·

Dit is erg om te dink dat ons ou volkie altyd hierdie verfoeilike joiners en kruipers sal voortbring, het al lankal agter gekom Beeld is die hele tyd besig om Arfikaners by te kom, koop nie weer Beeld nie, gaan kruip maar verder Adriaan sonder my geldtjie.

Retha ·

Moet onskuldige studentepret ook nou verpolitiek word. Ag nee sies man gaan soek nuus wat saak maak en los die PUKKE uit. Ek salueer die PUK hulle was nog net goed vir my en my kinders.

GE0RGE BARNARD ·

Ek kan nie glo dat Lektors en die sogenaamde Premier van die NOORD WES mense met kastig verstand hulle met sulke goed soos die NATZI saluut ophou nie wys jou hoe kinder agtig is hulle ag sies tog niks beter om te doen nie .NOU WONDER EK WAT GAAN HULLE SE AS EK SE EK HOU DAARVAN MY STENIG NEE MAN ONS LEWE IN N DEMOKRATIESE LAND VRY VAN S-PRAAK EK DOEN MOES NIKS WAT DIE REGERING BENADEEL MET MY DOEN EN LATE NIE

Slim Daan ·

Gaan soek jy eerder op wat die kwetsing van n ander se eer en waardigheid ( dignitas ) beteken, aleer jy hier jou spelvermoens ten toon stel.
Menend : As ek n kru handgebaar vir jou ma wys wat n Lexington op haar stoep rook – is dit als ok so……want sien, ” ek doen mos niks om die regering daardeur te benadeel nie “! Ghmpf.

GE0RGE BARNARD ·

Ek kan nie glo dat Lektors en die sogenaamde Premier van die NOORD WES mense met kastig verstand hulle met sulke goed soos die NATZI saluut ophou nie wys jou hoe kinder agtig is hulle ag sies tog niks beter om te doen nie .NOU WONDER EK WAT GAAN HULLE SE AS EK SE EK HOU DAARVAN MY STENIG NEE MAN ONS LEWE IN N DEMOKRATIESE LAND VRY VAN S-PRAAK EK DOEN MOES NIKS WAT DIE REGERING BENADEEL MET MY DOEN EN LATE NIE

Justi ·

My kommentaar by die vorige rubriek is verwyder. Weet nie wat ek verkeerd gese het nie.
Maar een ding is verseker…….ek sal nie weer n sent mors om die betrokke koerant te koop nie.

Giel Groenewald ·

Wat vewag die Rasistiese Premie….moet wit kinders wat vry gebore is in die nuwe Suid Afrika vir altyd Regstelende Rasisme duld. Doen van nou af die boere saluut.

Slim Daan ·

Van rassisme het ons genoeg. Om dit boonop te wil loop ” steel ” is verregaande.

Tommy ·

Artikel geskryf en geplaas deur morone, groter morone “ondersoek” die insident. In elke van die foto’s en video’s wat ek gesien het was dit ‘n mengsel van verskillende kulture en kleure. So hierdie is verseker ‘n aanval op Afrikaans. Hoeveel van die studente wat deelgeneem het aan die onskuldige koshuis tradisies het geviktimiseerd gevoel oor wat hulle moes doen.

Thandi Modise, Blade Nzimande en NWU skrik wakker, of is dit bietjie publisiteit vir julle ook. Adriaan Basson jy is laag,

Herman ·

Ek dink Beeld behoort deur die gemeenskap geboikot te word. Hulle behoort verseker meer ag te slaan op wat hulle berig. Niemand, die Beeld inkluis se niks oor Mal Emma se saluut met sy vuis in die lig nie! Hulle soek sensasie, so kom ons gee vir hulle!! Koop nie die koerant nie dan sal jy gou sien hoe sring hulle om te keer. Ons weet dit gaan oor GELD!!

cilia ·

PUK studente is skuldig omdat hulle arms omhoog staan maar as die ANC en ander partye vuiste in die lug hou en amandla skreeu met pangas en dinge is dit doodreg. Geen haan kraai daarna! Wens iemand kon my huisbraak so vinnig ondersoek!!

attie ·

Slim daan is nie slim nie hy s seker van joodse afkoms wat die wereld nog net benadeel het

Slim Daan ·

Uhm. Eerwaarde DannyBoy van PRAAG is op soek na nog Jode-bashers. Gaan soek daar vir jou n bruin ring om jou keel.

emile ·

Ons het op laerskool en hogereskool swastikas op skooltasse gedra sonder die vaagste benul oor die betekenis daarvan; was net ‘n lekker geometriese patroon om te teken.

Aan die ander kant; studente is studente en sal altyd str*nt aanjaag vir snaaksigheid. Onthou jare terug op KKNK (dink ek) is Miriam Makeba met bierblikke bestook. Op ‘n vraag aan ‘n random studente oor wat hy die graagste in die lewe sou wou doen, berig die Matie dat die student toenteryd antwoord: “Vir Miriam Makeba met ‘n bierblikkie gooi”. Nou ja.

As Oud PUK en inwoner van die enigste manskoshuis op kampus (go figure) weet ek daar is nooit in ons of enige ander koshuis enige nazi-kwak gepropageer nie. Eenvoudig net te veel ge-Coke, Hamburgers en Oudemeester, sport, akademie en hande en aande vol gehad met die doedies wat ons byna 3-1 outnumber het.

Hierdie ooglopend onskuldige studente ding berokken niemand skade nie en nou kla hierdie soustannie daaroor, maar as ander universiteite vir weke gesluit word met honderde miljoene rande skade agv stakende en vandaliserende ‘arm’ studente en hulle se intimiderende vakbond-vastrap, dan kraai geen werfskoenlapper daaroor nie. Lagwekkend tragies. Miskien moet die studente maar ‘n Mily kwak-swaai twerk uitpak; blyk meer verstaanbaar te wees in die antie se kultuur.

Hoe dit ook al sy.

Lank lewe die Republiek van Tarentaal!

amanda de lange ·

Die ‘histerie’ oor die studente-saluut op PUK wat deur media en PUK-bestuur gedryf word is ‘n klag van persoonlike agendas teen die mense self. Feit is die saluut is al stokou nuus en daar is in al die jare nog nooit enige negatiewe resultate fisies, akademies of sosiaal as gevolg daarvan nie. Ons ouers was daar met die saluut, ons was en so ook ons kinders. Almal van ons is normaal, sosiaal goed aangepas met GEEN ras of morele probleme nie! Aan die voornemende kanselier – jy het groot skoene om vol te staan. Om met dreigemente te begin toon jou eie emosionele onvolwassenheid! Lei studente, onderrig hulle, maak hulle sterk en vol selfvertroue – nie verbeeldingloos, willoos en huiwerig om hulself uit te leef nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.