Premier sak in mekaar tydens provinsiale rede

Die premier van die Noord-Kaap, Hazel Jenkins. Foto: GCIS

Die premier van die Noord-Kaap, Hazel Jenkins, het Vrydag tydens haar provinsiale rede in Kimberley inmekaargesak.

Volgens Jenkins se kantoor is sy deur paramedici na ʼn hospitaal geneem, maar dit was nie dadelik bekend waar sy vir behandeling geneem is nie. Jenkins het glo sowat 30minute van haar provinsiale rede in die provinsiale wetgewer voltooi voor sy inmekaargesak het. Die vergadering is uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.