Premier se seun vas oor spoed

Die premier van die Vrystaat se seun is Maandagaand op die N1 buite Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hy glo teen meer as twee keer die spoedgrens gery het.

Die Sowetan berig dat Ace Magashule se seun, Thabo (24), glo betrap is teen 177km/h in ʼn 80km/h sone. Thabo is op borgtog van R3 000 vrygelaat. ʼn Polisiebeampte by die Verkeerdevlei polisiestasie sê Thabo, die premier se jongste seun, het glo vier vragmotors teen ʼn hoë spoed op ʼn sperstreep verbygesteek. “Die polisie wat die area gepatrolleer was geskok oor hoe hy gery het. Daar vind baie ongelukke in die area plaas en talle mense is al daar dood.” ʼn Polisiewoordvoerder het die voorval bevestig. Magashule se woordvoerder, Wisani Ngobeni, sê hy is nie bewus van die voorval en gaan nie kommentaar lewer nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.