Premier spandeer glo R50 000 op kitskos

Sylvia Lucas. Foto: GCIS

Sylvia Lucas. Foto: GCIS

Sylvia Lucas, premier van die Noord-Kaap, het in die eerste tien weke in haar amp glo meer as R50 000 se kitskos op haar amptelike kredietkaart gekoop, berig die Sunday Times.

Volgens die berig het Lucas R53 159 se kitskos gekoop waarvan R26 565 se kitskos in een maand. Lucas is op 30 Mei as premier ingehuldig. Volgens die Sunday Times het Lucas in Augustus R11 956 spandeer op kos in Kimberley. Sy het tussen 16 Julie en 2 Augustus glo meer as R2 000 spandeer by die plaaslike SuperSpar. Lucas het glo aan die koerant gesê dat die winkelgerieflik naby aan haar huis is. “Wanneer ons Kimberley toe gaan, gaan ons na die SuperSpar en koop ons water en Powerade en koeldranke. Ons het Powerade vir energie nodig,” het sy gesê. “Hoe sou ons geëet het as ons nie belastingbetalers se geld gebruik het nie?” Op die vraag aan Lucas oor die gebruik van belastingbetalers se geld op kitskos, het sy vrae na Ramona Grewan, haar stafhoof, verwys. Sy sê Grewan en haar persoonlike assistent, Nondzame Matika, is in besit van die kredietkaarte en dat hulle die besteding goedkeur. Sy het glo ook aan die Sunday Times gesê dat dit onmoontlik is dat sy die geld in Kimberley spandeer het aangesien sy meestal uitstedig is. Grewan het glo aan die koerant gesê daar is twee kredietkaarte, die een in Matika se besit en die ander in Lucas se besit. Grewan sê sy het nie toestemming gegee vir die besteding nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Willy ·

Die uitwerking van die kitskos kan gesien word. Hoe meer Woolies kitskos hoe ligter word die gelaatskleur.

Trippie ·

Liewe ouers, waar is die Minister van Gesondheid nou – kyk hoe lyk die Lucas vrou … daardie duwwele ken – nee man, dis om van naar te raak.

Geen wonder daar sit so baie dikkes in die parlement nie – SIES MAN, dis ‘n skande om so te lyk. Dan praat ek nie eers van vandag se kinders nie. Is dit nou die voorbeeld wat gestel word ?

MORE WILLY – wag nog vir die groepie …

Willy ·

Môre Trippie. Ek wens ons ander vriendin JAVR verander van besluit.
Ek mis haar al klaar. Snik! Snik!! Snik!!!

Trippie ·

Jip … maar kyk nou vir Jasper hieronder, hy groetie eesie …

HALLO JASPER !!!!!!

;)

Jasper ·

Nou moet jy weet hoe word daar gespandeer as die mense uitstedig is. Duur hotelle en nog meer eet, eet eet. Ek het dit al met my eie oë gesien.
Geen wonder so baie hooggeplaasdes sit en slaap in die Parlement nie. Diabetes 2 het hulle lankal oorval.

Willy ·

En Jasper ook gesien hulle eet van voorgereg tot nagereg, die hele roofdier reeks met ‘n lepel as hulle nie die hande inlê nie.

Trippie ·

Ja, sou beter wees hulle “stick” by pap en hoenderpote hehe.

Jasper ·

Willy ek het al by n hotel gesien hoe die vrugterankskikking by die opskeptafels in die sakke verdwyn. Lemoene, appels en bananas die lot.

Willy ·

Haha toe moes jy seker net lag Jasper. Ek was uitgenooi na die opening van ‘n winkelsentrum hier in Pretoria toe dit groter gemaak is. Bakke kos op vlammetjies. Hope drank. Dis was soos ‘n black tie geleentheid. Jy moes sien hoe het die bouers se aanhangsels met goed daar weggeloop. Die een vat toe sommer die bak op die vlammetjie wat vol kos is. Nee hel toe spring ek in. Ek het so gal afgegaan voor die genooide gaste dat my tuxedo skoon onderstebo gesit het. Toe skrik die sekuriteit eers wakker nadat hulle seker in die buit gedeel het.

Dinknet ·

Ek het ook hierdie week beleef hoe die staat geld het vir verblyf, (ten duurste,met een man in n kamer wat plek het vir vier) kos en konferensie-geriewe!!! Drie ure ingesit op die eerste dag tot drie uur,toe is almal “moeg” en dit word die volgende dag voortgesit….. Begin volgende dag eers na elf en whoop-whoop, na twee is almal klaar!!!! Ses ure oor TWEE dae met uitslaaponkostes en derduisende rande se brandstof om almal by die belangrike bekendstelling te kry waar niemand in elk geval kan hoor nie vanweë die agtergrond geraas………. Jip! Ons staat het banja geld,hope geld!!!! Moet hul net nie uitvra oor hoe hul dit spandeer nie…… Dit kom hul mos toe!

Willy ·

Dinknet en dinknet dis net ‘n paar van ons wat belasting betaal. Waar al die geld vandaan kom weet ek wragtig nie!

Dinknet ·

En hierdie week was daar alweer n ou SARS koevertjie in die pos……… Ek het liefs nog nie vir pappie gevra wat die nuwe nuus is nie!!! Betaal hoeka nog per reëling af aan verlede jaar se aanslag!

kanwilsal ·

Eendag gaan hulle dalk nog uitroep “as die gepeupel nie brood het nie, hoekom eet hulle dan nie woollies nie”

Madeline ·

Ja so word die geld gemors en dan wonder almal waar biljoene rande heen verdwyn. Dis van geld op kitskos gebruik dat hulle so dik word. Sies man kyk hoe lyk sy.

a.lombard ·

hierdie is werklik skandalig, as ons dink dat die regerings pensioenarisse maandeliks net oor R1000
ontvang, van ons belasting geld, ons gun die armes dit uit ons hart….maar waar is ons mense van die Noordkaap? waarom teken hulle nie protes aan nie? waar is die sogenaamde ander politieke partye
om te eis dat sy uit die pos bedank? waar is daardie verskillende salaris trekkers, hulle doen niks nie
veral die Cope sogenaamde party, en selfs die Vryheidsparty en dan natuurlik die DA! almal gil oor die wan gebruik vam Regerings kredietkaarte, maar bly stil…waar is die finansiele beheer van die Noordkaap?

Ons weet nie meer wie om te vertrou nie, maar die kos laat ons die wereld rekord hou, van die vetste polisie/gevangeniswerkers/ en die vetste parlementariers op die aardbol…veels geluk.

Gert Malan ·

Dis hoekom haar oe toegaan as sy lag, die vet van die soustrein het nie meer plek om op ander plekke in te druk nie! Plaas sy doen wat sy veronderstel is om te doen, maar nee, vreet en nogmaals vreet is lyk vir my haar hoefdoel. Dit is nou maar ner weer ‘n bewys, ou skeeloog se kaders word met die hand gekies, die een meer skelmer en gieriger as die ander, met die doel om hulle uit te vang sodat hulle vinniger bevordering kan kry. Lekker, lekker, man!!!!

Fransie ·

Wie ek????? Issie ekkie dit is iemand anders wat my kaarte ronddra ……… my gewig lyk so van hekel en brei definitief NIE eet nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.