“Pres. Zuma moet orde in Suid-Afrika herstel” – AfriForum

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag versoek dat president Jacob Zuma ingryp om die onrus en geweld in die land te beëindig. Hierdie versoek volg nadat AfriForum die afgelope paar jaar noodmaatreëls in gemeenskappe moes instel waar betogings oor swak dienslewering gewelddadig geraak het.

“Ons land is besig om te brand en die leiers doen niks,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Volgens AfriForum het die Instituut vir Sekerheidstudies in ʼn artikel wat die afgelope week gepubliseer is, bekend gemaak dat insidente van openbare geweld gedurende 2012/2013 met 54% toegeneem het. 2013 tot 2014 se syfers is nog nie deur die polisie bekend gemaak nie, maar AfriForum verwag dat dit beduidend sal toeneem. In 2014 is daar al meer as 14 mense tydens gewelddadige optogte deur die polisie doodgeskiet.

Cameron sê egter dat die polisie nie hiervoor te blameer is nie, maar die plaaslike owerhede wat hulle grondwetlike plig teenoor inwoners versuim. “Die aanspreeklikes kom skotvry, terwyl staatshulpbronne vermors word om ontevrede landsburgers stil te maak. En die president kyk toe en sê niks. As staatshoof het hy ʼn plig om toe te sien dat sy regering hulle werk doen, en om in te gryp as dit nie gebeur nie. Dit is alle Suid-Afrikaners se demokratiese reg om in ʼn land te woon wat ten beste bestuur word. As hy sy plig versaak, doen hy dit ten koste van ons regte.”

Gemeenskappe wat bedreig word deur geweld en oproer, kan met AfriForum skakel oor die skep van veiligheidsnetwerke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eugenie ·

Dit sit nie in Zuma se broek nie, punt. Raak ontslae van die vent.

alet ·

As hulle. Ons toelae verdubbeld sal ek vir hulle stem maar ons sal seker net weer 10rand kry dan kort ons nog 3rand om n brood te koop haha lekker ou suid afrika sirkus se moses

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.