Pres. Zuma se staatsrede bepalend vir kleinsake

President Jacob Zuma address a special media briefingPres. Jacob Zuma se staatsrede later vandag sal bepalend wees vir die toekoms van klein- en mediumgrootte sake-ondernemings in Suid-Afrika. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, gaan die klein- en mediumgrootte sakesektor gebuk onder groeiende druk as gevolg van verswakte munisipale infrastruktuur, arbeidsonrus en ʼn strammer ekonomiese omgewing.

“Die privaat sektor, en spesifiek plaaslike ondernemings, is in staat om die grootste bydrae te maak tot die verligting van werkloosheid en armoede,” het Jansen van Rensburg gesê. Die fisieke en wetlike omgewing raak egter toenemend ʼn uitdaging vir die entrepreneur wat ʼn sake-onderneming wil begin.

Wanneer mense vir basiese dienste en infrastruktuur moet betoog, administratiewe pryse die hoogte inskiet, en die regering wetgewing propageer wat beoog om eiendomsreg en vrye handel te beperk, kan die nodige ekonomiese groei nie plaasvind nie.

Voorbeelde van die impak op besighede is die skade wat ondernemings tydens die opstande in De Doorns ervaar het. Ondernemings in Rustenburg sukkel steeds om te herstel van die ekonomiese skade tydens die Marikana-onluste. Dit is noodsaaklik dat die president aandag aan hierdie faktore gee ten einde die groeiende onstabiliteit, wat die sakesektor direk raak, in Suid-Afrika om te keer.

Volgens Jansen van Rensburg, het AfriSake bedenkinge oor die regering se teiken van 6 miljoen werksgeleenthede. Dié organisasie meen daar moet eerder gefokus word op ’n bemagtigende omgewing waarin byvoorbeeld 100 000 nuwe ondernemings gevestig sal word, wat op hul beurt weer werksgeleenthede sal skep.

Realistiese ekonomiese beleid en daadwerklike optrede is wat Suid-Afrika nou nodig het. Die staatsrede bied aan die president die geleentheid om dit moontlik te maak vir besighede om te kan belê in die land se toekoms en so werk te kan skep, het Jansen van Rensburg gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

danie ·

Die rede vir stakings is om wereld te wys die siektes van die mens en in werklikheid is besigheids wereld in beheer van die land en die basis punt gaan nog met 70% klim want za le alle lewe waaraan mensdom aan droom maar diere moet beskerm word en die eerbare en opregte mens en hande vir hulle uitgesteek word vir verdere hulp en onder steening. Bele maar in sa geld munt eenheid.

nic van rensburg ·

Sy staatsrede… Is daar nog werklik Suid Afrikaners wat een enkele woord glo wat die nar kwytraak?

Jasper ·

Wonder wie sou die Staatsrede vir hom skryf, seker M. Maharaj en kie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.