Presidensie: Geen troue vir Zuma

Zuma. Foto: GCIS

Die presidensie sê daar is geen waarheid in berigte dat president Jacob Zuma binnekort weer gaan trou nie.

“Die presidensie neem kennis van spekulasie in die media dat ʼn troue beplan word vir president Jacob Zuma in vandag se koerante,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê. “Daar is geen waarheid in die gerugte wat in vandag se Sondagkoerante is nie. Die president beplan nie om te trou nie.” Sunday Times berig vandag dat daar hofmakery was tussen Zuma en die sakevrou Nomthandazo Mathaba-Mthembu tydens die jaarlikse tradisionele Zulu-dansseremonie by Zuma se tuiste in Nkandla in KwaZulu-Natal. Volgens die berig het Mathaba-Mthembu ʼn konvooi van 15 motors gereël om na Zuma se tuiste te ry onder die voorwendsel dat hulle geskenke wil aflewer maar het van die vroue glo gebruiklike hofmakery-liedere gesing toe hulle daar aangekom het. Mathaba-Mthembu wou nie kommentaar lewer oor haar verhouding met Zuma nie. Die Sunday World berig dat Mathaba-Mthembu ʼn spesiale gas was by die geleentheid en dat Zuma se ander vroue ontsteld was met haar teenwoordigheid by die geleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.