“Presidensie” mis glo Idols

ʼn Blaps van die presidensie het Sondagaand en Maandag Twitter-gebruikers twee keer na hul skerms laat kyk en humoristiese kommentaar uitgelok.

Iemand het Sondagaand dié tweet van die amptelike twitterprofiel van die presidensie (@PresidencyZA) af uitgestuur: “OH NO!! I’m missing out on @IdolsSA. I’m far away in another timezone. #sadness.” (Ag nee! Ek mis @IdolsSA. Ek is ver weg in ʼn ander tydsone. #hartseer)

Die presidensie het intussen die tweet afgehaal en om verskoning daarvoor gevra. Hulle sê dat die boodskap nie deur die presidensie of die president uitgestuur is nie, maar dat dit ʼn administratiewe fout was.

Sommige twittergebruikers het skertsend hierop reageer. Rose Rogers (@roseramsay) het getweet “Would someone buy the Presidency a PVR so President Zuma can get his dose of Idols?“ (Sal iemand asseblief ‘n PVR vir die presidensie aanskaf sodat president Zuma sy dosis Idols kan inkry?).

Christian Steyl (‏@TRHumanist) het teruggekap en gesê: “Next year audition for Idols *umshini wam”. (Oudisie vir volgende jaar se Idols *umshini wam)

Cecilia vd Merwe ‏@ceciliavdm skryf: “Is anyone going to ask #Zuma if one of his wives remembered to PVR Idols for him last night? #702JZ” (Gaan enigiemand Zuma vra of een van sy vroue gisteraand onthou het om Idols te PVR? #702JZ)

Nie almal dink egter die blaps was snaaks nie, Victor Dlamini ‏@victordlamini skryf: “The Idols SA tweet by the @PresidencyZA is a clear demonstration why communication has to be in the hands of professionals.” (Die Idols SA-tweet deur @PresidencyZA is ‘n duidelike voorbeeld waarom kommunikasie in professionele hande gelaat moet word).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.