Presidensie ontken dat Mandela in ‘vegetatiewe toestand’ is

Pres. Zuma. Foto: GCIS

Die presidensie het Donderdagaand ontken dat oudpresident Nelson Mandela in ʼn “permanente vegetatiewe toestand” is.

Die nuusagentskap AFP het Donderdagaand berig die dokters wat Mandela behandel, het in hofdokumente gesê hy is in ʼn “permanente vegetatiewe toestand” en het sy familie aangeraai om die masjiene wat hom aan die lewe hou, af te skakel. “Die dokters ontken dat die oudpresident in ʼn vegetatiewe toestand is,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, laat Donderdagaand in ʼn verklaring gesê. “Ons bevestig ons vorige verklaring dat president Jacob Zuma Donderdagmiddag vir Mandela in die hospitaal besoek het en dat hy in ʼn kritieke maar stabiele toestand is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carin ·

Hy weet nie wat dit beteken nie mense. Moenie groot woorde gebruik wat hy nie verstaan nie.

Johan ·

“Vegetatiewe toestand” van wie praat hulle, Mandela of Zuma?

Paul ·

Natuurlik moet Zuma dit ontken. Hy het die ou man gaan besoek en self besluit wat sy toestand is, so asof hy die dokter is!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.