Presidensie ontken gerugte

Mac Maharaj. Foto: leadershiponline.co.za

Die presidensie het Maandag gerugte ontken dat Dina Pule, minister van kommunikasie, van haar pligte onthef gaan word. Verskeie Sondagkoerante het gister berig dat president Jacob Zuma haar die trekpas gaan gee.

“Die presidensie neem kennis van dié noukeurig georkestreerde gerugte. Die gerugte is egter spekulasie en misleidend, maar gaan nie die aandag van vandeesweek se jaarlikse staadsrede aflei nie,” het die president se woordvoerder, Mac Maharaj, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.