Presidensie ontken Motlanthe-berigte

Adjunkpresident Motlanthe. Foto: GCIS

Adjunkpresident Motlanthe. Foto: GCIS

Die presidensie het Sondag berigte ontken dat president Jacob Zuma ʼn rol gehad het in die terugtrek van ʼn eerbewys vir adjunkpresident Kgalema Motlanthe.

“Die berigte is sonder gronde en belaglik,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê. “Nóg die president nóg sy kantoor het enige idee gehad van die eerbewys wat glo teruggetrek is totdat ons navrae van Media24 en Naspers daaroor ontvang het.” Beeld het Vrydag berig dat Motlanthe op pad China toe was om die eerbewys te ontvang toe dit skielik teruggetrek is en dat die vinger na president Zuma wys. Beeld het berig dat Motlanthe, volgens drie verskillende bronne, “woedend” was nadat beamptes by die Suid-Afrikaanse ambassade in China aan hom gesê het dat die departement van internasionale betrekkinge en samewerking opdrag gegee het dat sy uitnodiging van die Universiteit van Internasionale Sake en Ekonomie teruggetrek word. Thabo Masebe, Motlanthe se woordvoerder, het aan Beeld gesê dat Motlanthe dae voor sy vertrek daarvan uitgevind het. Volgens Beeld het ʼn bron by die Uniegebou gesê daar is geen direkte bewyse dat Zuma betrokke was nie maar dat daar ʼn sterk vermoede in regeringskringe is dat hy wel betrokke was. Maharaj sê Zuma en Motlanthe werk goed saam en deel verantwoordelikhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Bwahaha – Zuma is weer verkeerd aangehaal – ou “laai” ! Enigiets uit ou Mac se bek is leuens.

Maar dis reg – hou die spasie dop – hond vreet hond !

My plek by die “ring-side” is “gebook” – popcorn en rooi partytjie koeldrank !

Erich Goosen ·

Dit moet ‘n bitter pil wees vir ons Nr.1 as sulke akademiese huldblyke na Nr.2 se kant toe kom. Dalk moet die een of ander akademiese instansie eers ‘n ere-matriektoekenning aan Nr.1 maak sodat hy dan op gelyke voet met Nr.2 kan kompeteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.