Presidensie sê Mandela verbeter steeds

Voormalige president Nelson Mandela

Die presidensie het Dinsdag gesê voormalige president Nelson Mandela is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal.

“Pres. Jacob Zuma doen ʼn beroep op die publiek om steeds vir Madiba te bid en hy bedank elkeen wat gemeenskapswerk verrig om die goeie dade van Madiba voort te sit,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, gesê.

Mandela is op 8 Junie in die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria opgeneem vir ʼn herhalende longinfeksie. Hy het sy 95ste verjaarsdag op 18 Julie in die hospitaal gevier.

Zuma versoek ook die sakegemeenskap om die Nelson Mandela-kinderhospitaal te ondersteun. Die hospitaal beoog glo om nog ʼn kinderhospitaal in Mandela se naam op te rig om kinders in die Suidelike Afrika Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) te versorg.

“Madiba is lief vir kinders en wil graag die beste vir hulle hê. Hy wil hê ons moet verseker dat hulle ʼn beter toekoms sal hê,” het Zuma gesê. Die departement van gesondheid, burgerlike samelewing, en die akademiese bedryf sal saamspan vir die projek.

Lees ook:
Mandela het glo operasie ondergaan
Mandela word “al hoe sterker”
Mandela glo “vasbeslote” om ontslaan te word
Nelson Mandela maak “merkwaardige vordering”
Mbeki verwag Mandela gaan ontslaan word
Graca nou “minder angstig” oor Mandela se gesondheid
Nelson Mandela reageer op behandeling
Mandela-kleinkinders op Twitter oor sy gesondheid
Mandela-prokureurs het glo mislei
Nelson Mandela: Dokters verwerp idee om masjiene af te skakel
Grafskendingsaak gaan voort teen Mandla Mandela
Presidensie ontken dat Mandela in “vegetatiewe toestand” is
Mandela in “vegetatiewe toestand”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willy ·

Ek is al so moeg vir Mandela. Maak ek ‘n koerant oop is dit net Mandela. Skakel ek die radio aan is dit net Mandela. Skakel ek die TV aan is dit net Mandela. Maak ek my beursie oop is dit net Mandela.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.