Presidensie vies oor Zille verkiesingsinligting uitlek

Helen Zille se twiet

Helen Zille se twiet

Die presidensie het Vrydag in ‘n verklaring vir Helen Zille, die leier van die DA en die Wes-Kaapse premier, gekritiseer omdat sy “vertroulike inligting” uitgelek het, deur die aankondiging van die verkiesingsdatum te twiet.

Zille het Vrydagoggend getwiet: “ Election date due to be announced today. This weekend is your last chance to REGISTER to vote. Take charge and bring change and jobs to SA!” [Die verkiesingsdatum gaan vandag aangekondig word. Hierdie naweek is jou laaste kans om te registreer. Neem beheer en bring verandering en werksgeleenthede na SA!]

Mac Maharaj, die presidensie se woordvoerder, het gesê die presidensie teken ernstige beswaar aan dat Zille vertroulike inligting uitgelek het wat Donderdag in ʼn vergadering tussen president Jacob Zuma, premiers en die Onafhanklike Verkiesingskommissie ​​(OVK) bespreek is.

“Zille, as premier, sit in vergaderings waar ernstige sake oor die regering bespreek word. Sy moet dus vertroulike inligting respekteer en nie haar voorregte en die vertroue wat in haar geplaas is, misbruik nie,” het Maharaj gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GawieM ·

Hel wat is nou so daaraan om net te se dat die verkiesings datum vandag aangekondig sal word? Wie word daardeur benadeel? Hulle moet hulle bepaal by dit wat saak maak en nie oor onbenullighede so ‘n bohaai opskop nie.
Die land brand en hulle is bekommerd oor ‘n twiet oor ‘n datum wat bekend gemaak gaan word, belaglik

Eben ·

Nou stem almal 07 Mei … nou wat nou Maccie?

Mac bepaal jou liewer by jou prez se zumaville wat R200mil plus gekos het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.