Presidensiële blitslyn maak vordering

Die presidensiële blitslyn maak vordering: nege uit tien klagtes wat ontvang word, word opgelos.

Die Star het Saterdag berig die regering se statistiek bewys dat ten minste drie uit elke vyf klagtes wat die polisie betrek, suksesvol opgelos word.

“Die blitslyn se prosesse is nou goed in plek en werk goed,” het Mughivela Rambado, dit blitslyn se direkteur, aan die koerant gesê.

Ten minste 154 549 klagtes is teen die einde van Januarie aangemeld. Die blitslyn is in 2009 deur president Jacob Zuma in werking gestel om die publiek se navrae en klagtes te hanteer.

Die blitslyn, 17737, moet slegs gebruik word wanneer ʼn mens se pogings om hulp te kry van ‘n staatsdepartement, provinsie, munisipaliteit of staatsagentskap misluk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.