Pretoria-burgemeester besoek vandag Kleinfontein

Kleinfontein

Raadslid Kgosientso Ramokgopa, die burgemeester van die Tshwane-metro, en ander lede van die burgemeesterskomitee besoek Woensdag om 11:00 die Afrikaanse nedersetting, Kleinfontein, oos van Pretoria.

Blessing Manale, ʼn woordvoerder van die metro, het gesê die besoek kom nadat ʼn storm om dié nedersetting uitgebars het en wat bekend geword het as ʼn “slegs wittes”-gemeenskap wat ander rasse uitsluit en amper ʼn “onafhanklike staat” gestig het.

“Die besoek is nie ʼn wetstoepassingsoefening nie, maar is daarop gerig om feite na te gaan en na die die gemeenskap uit te reik en hul bekommernisse aan te hoor. Ramokgopa sal ook tydens die besoek herhaal dat rasse-praktyke geen plek in die demokratiese era het nie,” het Manale gesê.

Die burgemeester het ‘n beroep gedoen op die leierskap van burgerlike organisasies en ander regeringsagentskappe om die minderheidgemeenskap van Kleinfontein in die Tshwane-metro te verwelkom en te verseker dat hulle geen rede het om enigiets te vrees nie.

“Hierdie gebaar van welwillendheid van die metro is ook bedoel om werkbare middele te bespreek vir die gemeenskap se beweerde nie-nakoming van sekere bepalings van behuisingregulasies en ander bywette,” het Manale bygevoeg.

Jan Groenewald, voorsitter van Kleinfontein se direksie, het Woensdag aan Maroela Media gesê hulle het laat Woensdagmiddag bevestiging gekry van die burgemeester se besoek. “Ons is gereed om hom te verwelkom en sien daarna uit om met hom te vergader sodat hulle ons gemeenskap kan verstaan,” het hy gesê.

Lees ook:
Uitnodiging aan DA-jeug: “Kom kuier in Orania”
Kleinfontein sê afsondering gaan nie oor ras
Foto’s: DA-jeugliga besoek Kleinfontein
Nuuskommentaar: Kleinfontein, groot bohaai
Kleinfontein nooi DA-jeugleier vir koffie en melktert
Slegs Afrikaners hiér welkom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rudie Thirion ·

Oi, nog ‘n vrot vertaling. Na die beste van my wete bestaan daar nie in Afrikaans ‘n woord soos “bywet” nie. Die Afrikaans vir “bylaw” is “ordonnansie”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.