Pretoria-dieretuin kry ʼn wit tier

Die Pretoriase Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika hou vir die eerste keer in 12-jaar weer ʼn wit tier daar aan.

Die 4-jarige tier heet Winston en hy weeg nagenoeg 200kg. Hy moes verskeie gesondheidstoetse ondergaan wat deur dr. Gerhard Steenkamp van Onderstepoort uitgevoer is. Winston is vir ʼn tydperk in kwarantyn n die dieretuin se dierehospitaal aangehou as deel van hul dieregesondheidsprotokol. Hy gaan nou stelselmatig aan die dieretuin se Bengaalse tier, Leia, bekendgestel word sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.