Pretoria en Johannesburg sonder krag

Groot gedeeltes van Pretoria en Johannesburg is sonder krag na die hoof-elektrisiteitstoevoer na dié stede onderbreek is.

Die Tshwane-metro sê hulle is bewus van die probleem. “Eskom- en tegnici van die Tshwane-metro is tans dringend besig met pogings om elektrisiteitstoevoer te herstel. Dit is in dié stadium nog nie bekend hoe lank die onderbreking gaan duur nie,” het die stad se kommunikasie-afdeling gesê.  Die probleem is as gevolg van ʼn veldbrand onder Eskom se Apollo Nyala-lyn.

Hilary Joffe, Eskom se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê die veldbrand het ʼn skakelaar by een van Eskom se substasies beïnvloed. “Die metro het gevra dat ons nie die skakelaar aansit alvorens die probleem opgelos is nie. Groot dele van Pretoria en Johannesburg word dus hierdeur geraak, aangesien ʼn groot gedeelte van die Tshwane-metro se netwerk gebiede in Johannesburg van krag voorsien.”

Joffe sê Eskom het hulp aan die metro gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.