ʼn Gesin van Pretoria is Saterdagaand deur huisrowers oorval en verskeie kere geskiet.
Beeld berig dat Kobus Coetzee (46) is drie keer geskiet, met die grootste skade wat aan sy maag aangerig is. Sy vrou Linda (43) is drie keer geskiet en het haar regteroog verloor nadat sy in die kop geskiet is. Sy is ook in die arms geskiet. Hulle seun Ruaan (21) is moontlik verlam nadat hy ses keer geskiet is. Sy vriendin Rozanne Oeschger (20) is skrams in die bobeen getref. Die Coetzee-egpaar het sowat drie weke gelede in dié huis ingetrek in Dirk van Deventer-rylaan in Wonderboom. Volgens die polisie het vier gewapende mans oor die muur gespring en deur ’n oop deur by die huis ingegaan. Die gesin is met vuurwapens aangehou, verskeie kere geskiet en met toue vasgebind. Hulle word in verskeie hospitale in die stad behandel. Die rowers het glo gevlug nadat die Coetzee’s se ander seun Dewald net na 20:00 by die huis aangekom het. In dié stadium word slegs selfone vermis.
Lees die volledige berig hier.
Mike Bolhuis het die saak ondersoek. Weet iemand of hulle al gevang is?
Ai so hartseer die gesin se hele lewe in eendag verander…p