Pretoria-gesin wat in gru-ongeluk sterf se name bekend

Foto: Facebook

Die Pretoria-gesin wat Donderdagoggend in ʼn gru-ongeluk op die Moloto pad in Pretoria gesterf het, is Mark en Eunice Franklin en hulle twee kinders, Miné en Bradley.

ʼn Polisiewoordvoerder, Johannes Jafta, sê die ongeluk met omstreeks 6:00 plaasgevind toe Eunice na bewering beheer verloor het oor die motor en teen die bus gebots het. Jafta sê Mark het op die agterste sitplek gesit. Hy sê dit is nie duidelik waar die kinders gesit het nie maar dat daar vermoed word dat een van die kinders op die passasiersitplek gesit het. Jafta sê die hele gesin is op slag dood. Eunice sou volgende maand 30 jaar oud geword het. Die Franklins se dogtertjie, Miné, is sover vasgestel kon word 18 maande oud. Die egpaar se seuntjie, Bradley, is na bewering drie jaar oud. Talle mense in die bus is ook in die ongeluk beseer. Volgens paramedici van ER24 is ʼn vrou wat uit die bus geslinger is, se bene op die toneel geamputeer. Volgens Jafta is die busbestuurder in ʼn ernstige toestand in die hospitaal. Hy sê die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.