Pretoria se naam verander nie nou nie

Pretoria se naamsverandering is tydelik opgeskort.

Onverwagse ondersteuning vir die bewaring van Pretoria se naam en politieke twis in die oploop tot die ANC se Mangaung-konferensie, het daartoe gelei dat die naamsveranderingsage tydelik opgeskort is, berig Beeld. Inwoners in die Pretoria metro is die geleentheid gebied, ná ‘n openbare deelnameproses, om aan te dui of hulle voor of teen die voorgestelde naamsverandering van Pretoria na Tshwane is.

Die Tshwane speaker se kantoor, wat die proses hanteer, het glo met ‘n skok agtergekom toe die “stemme” getel word dat daar baie meer ondersteuning vir Pretoria as vir Tshwane is. Die naamsveranderingskwessie is boonop onlangs in die ANC-Tshwane-distrik laer op die agenda geskuif, aangesien die politieke oorlewing vir Mangaung nou top prioriteit geniet, berig Beeld.

Die party se leierskap het glo beplan om voor einde November ‘n aanbeveling arkende die naamsverandering aan Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur te maak. “Pretoria se naam het ‘n tydelike lewensreddersbaadjie ontvang, en die kwessie sal weer in 2013 herleef,” het iemand uit die ANC-binnekring glo aan Beeld gesê. Die ANC ag die ondersteuning vir Pretoria se naam as “onnatuurlik” en wil graag bepaal of “spookstemme” uitgebring is, het die persoon gesê.

Morakane Mosupyoe, speaker, wou nie aan Beeld kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.