Pretoria se ou straatname moet teruggesit word

Regter Bill Prinsloo het pas in die Pretoriase hooggeregshof beveel dat Pretoria se ou straatname weer op straatnaamborde aangebring moet word.

AfriForum het vroeër die week aansoek gedoen om ʼn interdik te bekom om die Tshwane-metroraad te verhoed om die ou straatname van straatnaamborde te verwyder en om die ou name wat reeds van die borde verwyder is, terug te plaas.

 

Die aansoek is gebring hangende ʼn hersieningsaansoek rakende die verandering van die straatname. Die metroraad het in Maart 2012 besluit om 27 straatname in Pretoria te verander. Nuwe straatnaamborde is kort hierna aangebring met die nuwe straatname sowel as die ou name op die borde, waardeur ʼn rooi streep getrek is. Die Tshwane-metroraad het egter vroeër die maand die ou name begin afhaal nadat Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, in sy provinsiale staatsrede gesê het dit kan verwyder word, aangesien dit reeds vir ʼn periode van ses maande op die borde vertoon is. “Ons het daardie [ses maande] periode oorskry. Nou is dit tyd dat Lilian Ngoyi [straat] in die lewe kom en Van der Walt[straat] tot ruste kom,” het Ramokgopa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annemarie Pretorius ·

YES YES YES!!!!!! Nou moet “die wat dit afgehaal het’ WEEREENS BETAAL WORD om hulle brouwerk reg te maak!!!!! SLAAT DOOD EN SLEEP WEG!!!!!!! :-( :-(
Nou moet dit binne 2 maande weer teruggeplaas word!!! HOEKOM 2 MAANDE?????
DIT MOET ONMIDDELIK GEDOEN WORD!!!!!!!

Charne Coetzee ·

Ek kon nog die nuwe straatname aanvaar, omdat die ou name darem nog daar was. Ek het nou die dag so erg verdwaal in die stad omdat die ou straatname afgehaal is!! Die stad is nou nie eintlik ‘n plek waar jy vrou alleen wil verdwaal nie. Hoekom moes die straatname in die eerste plek verander word?! Dit het niemand gepla nie. Ek is anti-straatnaam verandering! Bied eerder die minder bevoorregtes kos en skuiling aan met al die geld wat ONNODIG gemors word op onbenullighede.

karlientjie ·

Weet julle wat? Dit is om van naar te word, haal af die reenboog advertensies v d tv! Waarmee verkondig word hoe daar saamgestaan word in Suid-afrika en wys eerder die werkloosheid van Jan Alleman en dan hoe lyk dit as jy jouself deur korrupsie verryk! En wys dan hoe lyk ons hospitale en klinieke! En los ons STRAATNAME want julle mors miljoene rande van die BELASTINGBETALER!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.