Pretoria se water skoon

Foto: cmn.com

AfriForum het Donderdag die uitslag bekend gemaak van watertoetse wat verlede week gedoen is, nadat klagtes oor bruin drinkwater in die noordelike voorstede van Pretoria ontvang is.

Maroela Media het vroeër berig hoë vlakke van mangaan is in verskeie areas in Pretoria se drinkwater waargeneem in onder andere Montana, Sinoville, Wonderboom en Pretoria-Noord. ʼn Tshwane-metro woordvoerder het destyds gesê hoë konsentrasies mangaan en yster beïnvloed die estetiese voorkoms van water en hou geen gesondheidsrisiko in nie. Sy het ook gesê die water sal ʼn metaalagtige smaak hê. Lees meer hier.

Volgens Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake vir AfriForum, is die water skoon. “Die water hou geen gesondheidsrisiko in nie, ten spyte van die kleur. Al lyk dit nie skoon nie, is dit drinkbaar,” het Kleynhans gesê.

“Die grootste deel van die gebied se water is nou skoon en die metro het die kwessie opgelos soos wat hulle belowe het,” het Kleynhans gesê.

Die watermonster het aangedui dat alle elemente aan die SANS 241-drinkwaterstandaard voldoen, buiten vir die kleur wat dubbel die standaard was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.