Pretoria sonder krag ná diefstalpoging, brand

Foto: LookLocal Centurion

Groot dele van Pretoria is Donderdagoggend sonder kragtoevoer gelaat nadat ʼn brand by die Kosmosdal-substasie in Centurion voorgekom het.

LookLocal Centurion berig die onderbreking het Kosmosdal, Samrand, Louwgardia asook gedeeltes van The Reeds in Centurion sonder krag gelaat en verkeer in dié gebiede erg beïnvloed.

Nomasonto Ndlovu , ʼn woordvoerder van die Tshwane metro, sê die brand is vermoedelik veroorsaak deur ‘n kabeldiefstalpoging.

“Die toevoer sal moontlik binne die volgende 48 uur herstel word. Inwoners word intussen versoek om alle nie-noodsaaklike elektriese toestelle af te skakel.”

Bron: LookLocal Centurion

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.