Pretoria-straatname: Uitspraak vandag in verlof tot appèl-aansoek

Die hooggeregshof in Pretoria sal Donderdag uitspraak lewer in die Tshwane-metro se aansoek om verlof tot appèl teen ’n interdik wat toegestaan is om die verwydering van naamborde van 25 ou straatname in en om Pretoria te staak.

Regter Bill Prinsloo het in April vanjaar bevind dat die raad nie mag voortgaan met die verwydering van ou straatnaamborde voordat die hersieningsaksie deur AfriForum teen die metro se naamsveranderings afgehandel is nie.

Volgens Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het die metro se vorige verhoor oor die aansoek om verlof tot appèl, langer as drie ure geduur. “Aansoeke om verlof tot appèl word normaalweg binne ’n halfuur afgehandel, maar die advokaat wat namens die Tshwane-metro optree was in hierdie geval langer as drie ure aan die woord,” het Spies gesê.

Die grootste deel van die metro se argument is gewy aan ’n argument dat die hof se bevinding aangaande die dringendheid van die aansoek, vatbaar is vir appèl. Na byna drie ure van argumente in die hof het die metro se advokaat toegegee dat daar geen regs-presedente bestaan wat die mening ondersteun dat ‘n bevinding oor dringendheid appelleerbaar is nie.

Die metro het ook die hof se bevinding dat die verandering van straatname die kulturele regte van kultuurgemeenskappe raak, betwis.

Die 25 straatname wat verander word, sluit al die oudste strate van Pretoria in wat met die totstandkoming van die stad aangelê is, soos Kerk-, Schubart-, Vermeulen-, Prinsloo-, Jacob Mare- en Andriesstraat. Verskeie ander bekende strate soos Koningin Wilhelminarylaan, Zambezirylaan en Voortrekkersweg is ook geraak.

Uitspraak word om 11:30 gelewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

colette helberg ·

Hulle praat van kultuur en geskiedenis. Hulle verwyder ons sin. Is dit demokrasie

Charmaine ·

My opskrif vandag is “South Africa turn back to Jesus Christ from nasareth” mense moenie bang wees nie. Al die dinge is al 2000 jaar terug al geskryf wat als sal gebeur voor die tye van Jesus se weederkoms. Mense jaag hierna toe en daarna toe. Bekommer oor dood gaan. En hulle kinders wat dood gaan en geliefdes. Maar het ons ons al self afgevra hoekom ons ons so bekommer. Mense is julle siele reg met God kyk eerste daarna. Want as dit nie is nie sal julle bekommeerd wees. Want Jesus het Sy lewe opgeoffer vir ons mensdom is ons dan nie gewilllig om te sterf vir Hom nie. As jy Jesus aanvaar as jou salligmaker en velosser en jou laat doop en God se wette onderhou het jy geen vrees om te sterf nie. Maar jy moet ook glo dat Jesus kom regeer op die aarde as Koning want dus die evangelie. Lees die woord van God en kry insig. Teveel dinge loop verkeerd in Suid Africa te veel om op te noem hoekom. “Want Suid Africa het hul rug gedraai op God” so wat dink mense sal gebeur. En hoekom sal dit nie gebeur nie. Suid Africa het boos geword. Al wat ek kan se is mense DRAAI TERUG NA DIE WOORD VAN GOD EN DRAAI TERUG NA GOD” ons eenigste bron van hulp of face die nagevolge daarvan. Niks “Voorbereidigs” of “Vlug” of “Weermag” of ander hulp gaan ons help nie behalwe God. Die duiwel het die mag om die nasies te slaan so hard as wat hy wil veral die godeloses. Net die kinders van God is al wat gered en gehelp sal word deur God. En dit is mense wat glo in Jesus dat Hy die seun van God is en Koning is en kom regeer op aarde as Koning en die gebooie onderhou die regte sabbat dag wat op n saterdag val en gedoop is met al die verordene. Die res jammer ek bid vir julle dat julle tot besefing sal kom om julle lewe vir Jesus te gee anders het julle iets om bekommerd te wees oor. Mag Onse Koning genade betoon teenoor SUID AFRIKA. And all and every other persons wordhipping idols and the dead I hope you relize that you are a abomination to our LORD JESUS CHRIST becaurse its you that brings harm to our people by doing that I’m not trying to be nasty or so but Turn away from doing that. GOD IS THE ONLY GOD IN THE HOLE UNIVERSE YAHWE. Nothing and nobody els. GOD BLESS SOUTH AFRICA and hope He will be mercyful to. Maar ek glo nie dit sal gebeur nie Suid Afrika is in die moeilikheid glo dit. “IF you are scared to die ask why”? Because God loved His Only son and gave Him up for this sinful world so that the people may have a way to go home.” But what is happening look around you and you will see the bad thinks that’s happening and you no what God sees them to. Urura may happen just because of what south africa became.? But boy be prepared of blood and cry’s because it will not look good believe me. Pray that God will be forgiving for that what He sees in South Africa. May GOD HELP US. PLEASE PRAY I’m BAGGING YOU” we all have kids and familie. And things is bad in South Africa. To bad in front of THE LORDS EYES” !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.