Pretoria-straatname weer in die hof

straatname 2Die appèlhof in Bloemfontein het Donderdag die Tshwane-metro verlof gegun om teen ’n vorige uitspraak oor Pretoria se straatname te appelleer, het Beeld Vrydag berig.

Die saak, tussen die metro en die burgerregte-organisasie AfriForum, sal nou voor ’n volle bank in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word.

Die Tshwane-metro het hom tot die appèlhof gewend nadat hy in Junie ’n tweede hofstryd oor die stad se ou straatname verloor het.

Regter in die hooggeregshof, Bill Prinsloo, het die metro se aansoek om teen ’n vorige bevel in AfriForum se guns te appelleer, in daardie stadium met koste van die hand gewys.

’n Dringende interdik is in April aan AfriForum toegestaan nadat Kgosientso Ramokgopa, die uitvoerende burgemeester van die metro, vroeër vandeesmaand in sy stadsrede aangekondig het dat Pretoria se ou straatnaamborde permanent verwyder gaan word.

Die metro is beveel om die toe reeds verwyderde straatnaamborde hangende die afhandeling van ’n hersieningsaansoek van AfriForum binne twee maande terug te sit, en die verwydering van die ou name te staak.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het gesê die appèlsaak gaan dalk eers in 2015 aangehoor word.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stoere Boer ·

Maak soos sommige Potchefstroom inwoners. Hulle het die ou straatnaam en nommer op hul huise aangebring en niemand kan dit verwyder.

Elsa Van der Walt ·

Ja dit is moeilik met die name al weet jy ook wat die ouer name was is jy heel verdwaal as jy in die strate moet ry help aseblief niemand sal skade lei as die ou name saam op die verkeers borde verskyn

Amy ·

Wie op dees aarde was (is) Jannie Masilela???? Ek sal die DUDE moet gaan google. Wonder of hy werklik ooit iets vir die land gedoen het??? Sal DInsdag kom terugvoering gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.