Pretoria weet dalk gou oor naam

Burgemeester Kgosientso Ramokgopa

Duidelikheid oor die Pretoria/Tshwane-naamsverandering kan binnekort verwag word.

Die Pretoria News berig Kgosientso Ramokgopa, die burgemeester van die Tshwane-metro, het gesê Paul Mashatile, die minister van kuns en kultuur, gaan binnekort sy besluit oor die aangeleentheid bekendmaak.

Ramokgopa het gesê ʼn verslag oor die naamsverandering sal tydens die volgende raadsvergadering aan die einde van April op die tafel gelê word.

Hy het ook gesê die ou straatname van 27 strate in die stad, wat verander is, gaan nou verwyder word. “Ons is reeds verby die verpligte ses maande-tydperk wat albei name op borde vertoon moet word. Dit is nou tyd dat Lilian Ngoyi lewe kry en Van Der Walt tot ruste gelê word,” het Ramokgopa gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ters ·

Plaas hulle op die moorde,verkragting en die res van die misdaad in die land werk en nou gaan hulle aan op straat name!!! Dis nie meer lank nie en ons gaan dit alles reg maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.