Pretorianers moontlik in gevaar

Die Tshwane Metro stel mense glo aan ‘n gesondheidsrisiko bloot deur rioolaanlegte nie behoorlik te bestuur nie, het die Demokratiese Alliansie (DA) Vrydag gesê.

Darryl Moss, woordvoerder vir die DA, het die Groendruppelverslag aangehaal wat deur die departement van waterwese vrygestel is. “Luidens die verslag het die risiko by 13 uit die 17 Tshwane-rioolaanlegte toegeneem,” het Moss gesê. “Dit sluit groot aanlegte soos Baviaanspoort, Daspoort, Rietgat, Rooiwal-Oos, Rooiwal-Noord en Sandspruit in.”

Die verslag het ook bekendgemaak dat Tshwane in Gauteng van die agtste posisie in 2011 tot die laaste posisie in 2012 gedaal het. Die risiko het van 61% na 71% toegeneem.

Volgens Moss is die DA besorg oor ‘n “ernstige agteruitgang” van die metro se operasionele bekwaamheid.

“Mense wat water uit riviere en strome gebruik, insluitend boere en informele inwoners, wat nie toegang tot geformaliseerde water- en sanitasiesisteme het nie, word aan gevaarlike chemikalieë en organismes blootgestel,” het Moss bygevoeg.

Die munisipaliteit het nog nie op die DA se bewerings reageer nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.