Pretoriase Kunsmuseum van R10 miljoen se kunswerke beroof

Kunswerke van onder meer Irma Stern en Maggie Laubser is Sondag uit die Pretoriase Kunsmuseum gebuit.

Lt. kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, sê die Kunsmuseum in Arcadia is omstreeks 11:00 Sondagoggend beroof. Sy sê drie mans het die R10 ingangsfooi betaal en die museum binnegegaan. “Toe hulle eers binne die museum was, het hulle ʼn vuurwapen gerig op die persoon by die toonbank en aangedring op die kunswerke.” Mogale sê die mans het in ʼn silwer Toyota Avante gevlug. Mogale sê die kunswerke is sowat R10 miljoen werd. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

Die City of Tshwane sê intussen vyf kunswerke is tydens die rooftog gebuit. Die vyf kunswerke is: Irma Stern se Fishing Boats (1931), JH Pierneef se Eland and bird (1961), Gerard Sekoto se Street scene, Maggie Laubser se Cat and Petunias (1936) en Hugo Naudé se Hottentot Chief. Volgens berigte het die rowers ook Irma Stern se Twee Maleier musikante gesteel maar dit buite op ʼn sypaadjie gelos toe dit nie in hulle motor gepas het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.