Pretville behoort rekord te verbreek

Pretville, die splinternuwe Afrikaanse musiekrolprent van Hartiwood Films, sal na verwagting vorige bywoningsgetalle oortref.

Die rolprent begin op 23 November landswyd in teaters draai. Pretville is die tweede musiekblyspel van die talentvolle span wat ook Liefling, die Movie vervaardig het. Die vervaardigers Paul Kruger, Emma Kruger, en mede-vervaardiger en regisseur, Linda Korsten, moedig die publiek aan om Liefling se loketgetalle verby te steek.

Hartiwood Studios het twee termometers op sy webwerf aangebring om getalle te vergelyk. Liefling het net minder as R13.3 miljoen in teaters verdien toe 459 500 die rolprent gaan kyk het. Klik hier om die termometers te sien.

“Ons kan nie wag om te sien hoe die Suid-Afrikaanse gehoor op Pretville gaan reageer nie,” het Korsten gesê. “Die rolprent is ʼn romantiese musiekblyspel wat in die 1950s afspeel. Machiel Roets het die musiek komponeer.

Marlee van der Merwe (Liefling, die Movie), Eugene Jensen en Marno van der Merwe is in die hoofrolle te sien. Terence Bridgett, Steve Hofmeyr, Annette Engelbrecht, Lizz Meiring, Rina Nienaber, Emo Adams, Margit Meyer-Rodenbeck, Willem Botha, Sanet Ackerman, Kevin Leo en Jakkie Louw is ook van die talent in dié ruk-en-rol-rolprent.

Maroela Media het die stel besoek. Klik hier om die foto’s te sien.

Hier is die lokprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.