Pretville vandag landwyd te sien

Die Afrikaanse musiekrolprent Pretville het vandag landwyd by rolprentteaters begin draai.

Maroela Media het vroeër berig dat Preville, van Hartiwood Films, na verwagting vorige bywoningsgetalle gaan oortref. Die rolprent is ʼn romantiese musiekblyspel wat in die 1950’s afspeel. Pretville is die tweede musiekblyspel van die talentvolle span wat ook Liefling, die Movie vervaardig het. Hartiwood Studios het twee termometers op sy webwerf aangebring om getalle te vergelyk. Liefling het net minder as R13.3 miljoen in teaters verdien toe 459 500 die rolprent gaan kyk het. Machiel Roets het die musiek komponeer.

Marlee van der Merwe (Liefling, die Movie), Eugene Jensen en Marno van der Merwe is in die hoofrolle te sien. Terence Bridgett, Steve Hofmeyr, Annette Engelbrecht, Lizz Meiring, Rina Nienaber, Emo Adams, Margit Meyer-Rodenbeck, Willem Botha, Sanet Ackerman, Kevin Leo en Jakkie Louw is ook van die talent in dié ruk-en-rol-rolprent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.