Georg Kerkhoff, ʼn Duitse priester wat in Suid-Afrika teregstaan vir kindermishandeling, mag dalk uitgelewer word weens 36 of meer aanklagte van seksuele misdrywe teen kinders in Duitsland, het The New Age Dinsdag berig.
Kerkhoff het Maandag in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die beweerde misdrywe in Duitsland, nadat Interpol hom verlede week in dieselfde hof in hegtenis geneem het.
Graham Kerr-Phillips, Kerkhoff se prokureur, het gesê sy kliënt se inhegtenisname oor die Duitse-aanklagte was “onnodig en willekeurig”.
ʼn Duitse koerant het vroeër berig Kerkhoff het glo beddens, saunas en storte met jong mans en seuns gedeel.
Kerkhoff is al op verhoor in Suid-Afrika vir die afgelope vyf jaar op aanklagte van beweerde seksuele aanranding van seuns tydens ʼn kerkkamp in Gauteng in 2008.
Maandag se hofverrigtinge is tot Donderdag uitgestel wanneer Kerkhoff vermoedelik vir borgtog gaan aansoek doen.
Die hof het aangehoor dat die Duitse owerhede Kerkhoff se uitlewering gaan begin ná sy Suid-Afrikaanse verhoor voltooi is.
Volgens die berig kon die Rooms-Katolieke Kerk in Suid-Afrika nie antwoord hoekom Kerkhoff in 2007 na die land oorgeplaas is en toegelaat is om voort te gaan om met kinders te werk, ten spyte van bewerings van mishandeling in Duitsland teen hom nie.
SAPA
Kerk-hoff – interesting !
Wil nie lelik wees nie, maar as ek sy gesig so kyk, dan lyk hy vir my na die tipe wat sal peuter met ‘n kleuter ! SIES.
Maroela se pop-up verwoes my kuiers……
JY BLY NET HIER !
Maroela het beloof hul is besig om dit te verwyder! Ons kyk maar….. Ten minste het ek darem nou hierdie gepos gekry en die pop-up het my nog nie gekeer! So dalk net is die probleem opgelos en kan ek weer saamklets…….
Dinknet ek stem. Ek is ook baie vinnig op pad uit. Kyk reeds rond vir ander forums. Probeer Praag, hulle nuus is net min.
Ek wonder hoe kan van hierdie geestelike leiers op ‘n preekstoel staan en preek en tog so duidelik weet dat van hulleself agter die deur staan?
Was so ‘n paar maande gelede uitgenooi na ‘n troue. Al wat daardie predikant gepreek het is dat almal hel toe gaan of al klaar daar is wat seks voor die huwelik beoefen.
Ek het by die venster uitgekyk en gewonder. Sorry Salomo. Sorry Abraham. Sorry Dawid. Sorry menigte. En sorry…
In die Bybel word daar genoem dat hulle God se vriende was soos ons.
Janee dink net dis nie meer die moeite werd op maroela nie. Elke kommentaar gaan deur n vergroot glas.
Jy los ons nie alleen nie vuurvreter!!
Volgende keer as ek, en dis binnekort, weer in die hoof se kantoor is sal ek met hom praat.
Seg net laat weet as jy n ander forum kry asb. Dan is ek ook hier uit.
Goeie dag almal van julle! Jis ek verlang na my maats en dis die enigste rede hoekom ek hier loer maar wil nie kommentaar lewer nie. So as julle ‘n ander kuierplek kry laat weet sodat ons weer kan kuier!
Ek sal laat weet indien ek iets opspoor wat die moeite werd is
Probeer die SON.
Vuurvreter, JAVR en vrinne, julle moenie nou vir Maroela kwaad wees nie. Die res van ons is regtig nie lus om julle persoonlike gesprekke en aanhoudende (en dikwels niksseggende) kommentaar te lees nie. Wat my betref het die situasie onhoudbaar geword. So al wat ek kan se is DANKIE Maroela!!
Willy maar maroela haal sommer als af al is dit niks verkeerd nie. Ons praat net die waarheid maar lyk my Zumpie het ook sy neus hier kom indruk.
Wat gaan aan dees dae met die mans dat hulle alewig wil peuter met kinders.Kry hulle nie genoeg van hulle eie geslag nie ,nee man dit is iets vreeslik wat hulle doen.Gooi hom in die tjoekie en daar sal hulle hom by kom.
Annamarie hy sal weet hys bygekom as hy in pollsmoore gevangenis kom. Dis die gevaarlikste tronk ter wereld. Net een dag en hys rerig kerkhof.
Priesters van alle gelowe laat my ‘Wonder” verskuilde agendas…
Probeer die SON, julle hoort tuis te voel daar.