Priester se beste winskoop ooit

Foto: Die priester en Fiona Bruce by die skildery. Foto: Independent

Foto: Die priester en Fiona Bruce by die skildery. Foto: Independent

‘n Britse priester wat ‘n skildery wat hy vir £400 aangeskaf het, en dit weer wou verkoop om vir nuwe kerkklokke te betaal, het die skok van sy lewe gekry… die skildery is ‘n duisend keer meer werd as wat hy vir die “namaaksel” opgedok het.

Die priester, Jamie MacLeod het die skildery, waarvan hy eintlik niks geweet het nie, na ‘n museum geneem om te laat waardeer. Daar het Fiona Bruce van die BBC se gewilde program, Antiques Roadshow, dit as ‘n oorspronklike werk van die bekende 17de eeuse Vlaamse meester, Antoon van Dyck, geëien en dit is deur die Van Dyck-kenner, Christopher Brown gesertifiseer.

Die skildery is van ‘n Brusselse landdros, en was waarskynlik een van sewe skilderye van landdroste in Brussel wat van Dyck in 1634 geskilder het.

Die tot dusver onbekende skildery is intussen gerestoureer en kan van die afgelope Sondag besigtig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.