Priester vas vir moord ná vroue glo sy brousel drink

ʼn Priester is in Vrischgewagte naby Mafikeng op ʼn aanklag van moord in hegtenis geneem, het Noordwes-polisie Saterdag gesê.

Brigadier Thulani Ngubane het gesê die priester het glo Donderdag aan vier vroue ʼn brousel gegee wat hulle glo moes gesond maak. “Twee vroue is dood en twee word in die Gelukspan-hospitaal behandel nadat hulle die brousel gedrink het.” Volgens Ngubane het die priester die vroue ʼn mengsel van sterk alkohol, kakao en rissies gegee om te drink. Hulle het later begin kla van maagpyn. Die priester sal Maandag in die Atamelangse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.