Priester wat met wesies lol begin vonnis uitdien

rooms katoliek’n Rooms-Katolieke priester wat in Argentinië skuldig bevind is dat hy verskeie seuns gemolesteer het, het begin om ’n vonnis van 15 jaar uit te dien.

Die priester, vader Julio Cesar Grassi, het bekendheid verwerf omdat hy talle Argentynse bekendes oortuig het om groot bydraes te maak tot die Happy Children Foundation.

In 1996 het van die weeskinders in sy sorg begin gekla dat hy hulle seksueel molesteer. Grassi is in 2009 skuldig bevind, maar het steeds oorkant die weeshuis gewoon terwyl hy probeer het om die skuldigbevinding te laat omkeer. Hy het egter Maandag begin om sy vonnis uit te dien en sal sy finale appèl uit die tronk moet bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jasper ·

Ongelikkig kan ek my nie op hierdie forum uitspreek oor die vuil gemors nie. Sal eerder op my tande byt.

Jasper ·

Ongelukkig kan ek my nie op hierdie forum uitspreek oor die vuil gemors nie. Sal eerder op my tande byt.

Vas Vat ·

Nonne en priesters,het my nog altyd laat wonder ??? selibaat ???

german ·

Wat het geword van die meulsteun-om-die-nek-reel vir diegene wat die struikeling van die kleintjies veroorsaak?

Gert Malan ·

Ek sou so graag my mond wou uitspoel maar ongelukkig, as ek die boodskap van Maroela Media reg verstaan, moet ek net komplimenteer! Ek merk dat die kommentaar al skrapser word, dit is nie eers meer die moeite werd om dit te lees nie.

Marie ·

Ek hoop die “priester” gaan ‘n baie lekker tydjie in die tronk he!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.